NICOLE BADENHORST

Default profile image
----------

Blog #13 (12.2)

12 Jun 2021, 21:40 Publicly Viewable

Nicole Badenhorst

25124528

Hier volg twee opdragte waaruit jy een kan kies om oor toeligting te gee in ’n 15 minute voordrag aan ‘n sekere teikengroep:

Jy word genooi om as spreker by die plaaslike hoërskool voor al die onderwysers en leerlinge op te tree en jou onderwerp is: “Alkohol, wat doen dit regtig aan my liggaam?”.  Fokus veral op die effekte, “aangenaam” sowel as “onaangenaam”, hoeveel glasies is veilig?  Hoe weet ek wanneer ek besig is om ‘n probleem te ontwikkel?  Wat kan ek dan doen?  Hou jou teikengroep (leerlinge) se ouderdom die hele tyd in gedagte!

Jy word genooi om as spreker by ‘n plaaslike Vroue-Organisasie op te tree.  Dit is ‘n groep van hoofsaaklik middeljarige tot ouer vroue.  Jou onderwerp:  “Is dit gevaarlik om kalmeer- en slaapmiddels te gebruik?”

 

Is dit gevaarlik om kalmeer- en slaapmiddels te gebruik?

Vandag gaan ons kyk na die newe effekte en risiko’s wat mag voorkom tydens die gebruik van kalmeer- en slaapmiddels, asook die gebruik van hierdie medikasie met veiligheid.

Sederende medikasie, insluitend antihistamiene en hipnotikas, kan veroorsaak dat ’n persoon moeg voorkom en selfs lomerig voel gedurende die volgende dag.

In ouer volwassenes, kan die gebruik van hierdie medikasie geheue probleme skep.

Met sommige slaap medikasie, wanneer die persoon dit neem om verligting met slaaploosheid te ondervind, kan daar veroorsaak word dat dit meer moeilik sal voorkom om aan die slaap te raak sonder die medikasie.

Geen bewyse stel voor dat die gebruik van melatonien kom met ernstige risiko’s. Navorsers ontdek steeds die langtermyn effekte.

Dus word daar voorgestel dat geen slaap medikasie geneem moet word voordat daar agter ’n stierwiel ingeklim word, of gewerk word met masjinerie.

Vir baie mense, sal die risiko’s van die gebruik van voorgeskryfde hipnotikas die voordele uitweeg. Hierdie medikasie is slegs geskik vir kort termyn gebruik. Meeste is gewoonte vorming, wat beteken dat hul verslawend is en dat hulle ook newe effekte kan veroorsaak.

Sommige newe effekte van voorgeskryfde slaap pille sluit in:

  • Lomerigheid of duitsligheid gedurende die dag
  • Deurmekaarheid
  • Probleme met geheue
  • Balanserings probleme

In raar gevalle, kan hulle veroorsaak dat mense aksies uitvoer, insluitend bestuur, loop, eet, of om ’n oproep te maak, terwyl hulle slaap.

Slaap medikasie kan inmeng met die volgende:

  • Om te onthou om voorbehoeding medikasie gereeld te neem
  • Simetidien vir sooibrand
  • Medikasie vir swam infeksies (meer algemeen by vroue)

Die veiligheids profiele van Valerian root is steeds onduidelik. Moontlike newe effekte mag insluit kopsere, duitsligheid, reukerigheid, en maag probleme. Sommige mense kan vaagheid of lomerigheid in die oggend tye ervaar na die neem van Valerian root.

Asook, mense wie moet Valerian root neem vir lang periodes, en skeilik die neem daarvan staak, mag onttrekkingsimptome ervaar. Mense wat die gebruik van bensodiasepiene staak na ’n lang periode mag soortgelyke simptome ervaar.

Omdat die mediese vereniging nog onseker is oor die effekte, moet vrouens wie swanger is en kinders onder 3 jaar oud weg bly van die gebruik van Valerian.

Hoe om hierdie medikasie met veiligheid te gebruik?

Volg altyd die dokter se instruksies rondom die gebruik van hipnotiese slaap medikasie.

Dus:

  • Moet nooit ’n pil neem sonder ’n dokter se toestemming.
  • Moet nie alkohol inneem voor die gebruik van hierdie medikasie.
  • Moet nie agter ’n stierwiel in klim of werk met masjinerie nadat die pille geneem is nie.
  • Kontak dokter dadelik wanneer enige komplikasies voorkom, naamlik deurmekaarheid of ekstreme geluk, angstigheid of senuweeagtig, probleem met konsentrasie, afhanklikheid vorm, lomerigheid in die oggend tye.

Ouer volwassenes moet ook uitreik na hul dokter as hul enige probleme ervaar met konsentrasie, denkwyse en geheue.

Bronnelys

Barrell, A.  2020.  What are the best sleeping pills? https://www.medicalnewstoday.com/articles/323775#safety  Date of access: 12 June 2021.

Bateman, H., Hillmore R., Jackson D., Lusznat S., McAdam K., & Regan C.  2004.  Dictionary of Medical Terms.  4th ed.  London.: A & C Black.  p. 481.

Brand,   L.  2021.  FKLG 312: Leergedeelte 12.2 (PowerPoint Presentation).  https://efundi.nwu.ac.za/access/lessonbuilder/item/6351172/group/dd46f2da-d3be-402e-9ba7-2c5955cedd9d/Afrikaanse%20skyfies/Afrikaanse%20skyfies%202021/LE12.pdf  Datum van toegang: 11 Junie 2021.

Katzung,  B.G.  ed.  2015.  Basic & Clinical Pharmacology,  13th ed.  New York: McGraw-Hill.  p. 1203.