Blog 3 : Sedatief hipnotikums :
Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beinvloed? Wat is die kliniese belang hiervan?
Die tempo van sedatief-hipnotiese middels word bepaal deur die BD se vet oplosbaarheid ( lipofiliteit), hierdie lipofiliteit beinvloed du sook die verspreiding, want hoe meer lipfiel ‘n middel is, hoe vinniger word dit geabsorbeer en versprei.
Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?
Herdistribusie is wanneer geneesmiddels wat hoogs lipofiel is vanaf die brein versprei word na organe wat hoë bloedvloei het soos die hart, brein, longe en niere, daarna sal dit da nook na vetweefsel en spiere toe beweeg waar dit ‘n depo effek het en baie stadiger vrygestel word. Hoe meer wysverspreid die geneesmiddel in die liggaam is, hoe langer is die eliminasie en werkings tydperk van die middels in die ligaam.
Hoe word die BD’e gemetaboliseer? Gee die verskillende stappe in die proses.
BD’s word stapgewys deur die lewermikrosomale ensieme gemetabolisser :
Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel? Wat is die belang hiervan?
Aktiewe metaboliete dra by tot verlengde werkingsduur.
Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P450 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie? Wat is die voordele hiervan?
Wat is ensieminduksie? Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor? Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?
Ensieminduksie is wanneer ensieme se aktiwiteit om geneesmiddels te metaboliser geinduseer / verbeter word deur ‘n substans soos ‘n geneesmiddel, ‘n goeie voorbeeld is Barbiturate. Die kliniese belang is dat die metabolisme verhoog word, dus verkort die halfleeftyd en konsentrasie in die bloed van die geneesmiddel sal afneem.