BLOG 5
Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Hierdie sisteem is primêr verantwoordelik vir die metabolisme van alkohol in die liggaam, laer en magtige hoeveelhede alkohol word gemetaboliseer; die beperkte hoeveelheid NAD ko ensieme gee aanvang tot zero-orde kinetika in en is die tempo van afbraak konstant (7-10 g/h), ongeag die hoeveelheid alkohol ingeneem.
Hierdie sisteem metaboliseer hoër konsentrasies alcohol, deur middel van die ko-faktor NADPH en hierdie aktiwiteit word verhoog met chroniese gebruik, hierdie sisteem kan geindusseer word en gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie.
Die finale eindproduk na die metabolisme vir beide sisteme is asetaldehied.
Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
Hierdie middels inhibeer die effek van aldehied dehydrogenase, dus kan asetaldehied nie na asetaat omgeskakel word nie, ongelukkig hoop dit op en kan effekte soos – naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duisligheid tot gevolg hê.