CARLA SCHOEMAN

Default profile image
----------

CM.SCHOEMAN32026552BLOG6

25 Jun 2021, 20:15 Publicly Viewable

Blog #6

Watter moontlike meganismes is tersprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

Die metaboliese tempo van MEOS sisteem verhoog gedurende die chroniese gebruik van alcohol, die betrokke ensieme word geinduseer en meer alkohol word per tydseenheid gemetaboliseer. Sentraal senuwee stelsel pas aan en reseptor subsensitiwiteit ontstaan wanneer die reseptor kompenseer vir die voordurende stimulasie deur alkohol.

Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?

Die lewerfunksie neem a fen simptome van hepatitis en sirrose verskyn. Verlaging in glukoneogenese vind plaas en hipoglukemie en vetakkumulasie word veroorsaak, ‘n verhoogde aktiwiteit in die lewermikrosomale ensieme kom voor en dit dra by tot die interaksie met ander geneesmiddels.

Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

Chroniese alcohol- gebruik veroorsaak perifere neuropatie in die SSS wat Wernicke-Korsakoff sindroom veroorsaak met simptome soos ataksie (bewegingsteurnis), verwarring en paralise van gesigspiere.

Dit word behandel deur parenterale tiramien om permanente breinskade te voorkom, alhoewel dit nie altyd omkeerbaar is nie.

Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.

‘n Sindroom by neonate agv ‘n swangervrou wat alcohol gebruik tydens swangerskap, die alcohol beweeg deur die plasente na die fetus toe en vertraag die fetus se verstand, groei en veroorsaak gebrek, mikrokefalie ( ‘n kleiner as normaal brein) en ‘n kleiner middelgesig.

Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chronies alkoholgebruik?

Akute gebruik : onderdruk metabolisme en veroorsaak dus verlaagde afbraak in middels soos fenotiasiene, TAD’e en sedatief hipnotika

Chroniese  gebruik :  Dit verhoog die metabolisme van geneesmiddels soos parasetamol

Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.

  • Vasodilatore
  • Aspirien se antikleefbaarheidseffekte
  • Middels wat SSS onderdrukking veroorsaak
  • Parasetamol