• In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog? Wat is die implikasies hiervan?
Hipertensie; wanneer angiotensinogeenvlakke verhoog sal renien angiotensien verhoog. Die omskakeling van angiotensien 1 na angiotensien 2 vind plaas deur AOE inhibeerders. Dit aktiveer angiotensien 2 tipe 1 reseptors. Vasokonstriksie sal plaasvind asook aldosteroon afskeiding, kardiale hipetrofie en hermodellering. Die implikasie is dat hipertrofie sal vererger.
• Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?
Angiotensien reseptor blokkers (ARB's) se werking is soorgelyk aan AOE inhibeerders, maar met minder gevalle van hoes. Die ARB's het ń verlaging getoon in die gevalle diabetes wat ontwikkel in pasiënte met glukose toleransie. Wanneer AOE inhibeerders nie goed ervaar word nie kan hierdie antagoniste as alternatief beskou word vir effektiewe behandeling van hart versaking.
• Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?
AOE inhibeerders verhoog die plasma renien aktiwiteit deurdat dit die negatiewe terugvoer aksie van angiotensien 2 op renien onderbreek.
Sonder dat daar ń verhoging in hartklop en natriurese is kan bloeddruk verlaag word en op die manier werk dit tweevoudig.
• Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels? Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?
Middels soos Losartan werk op AT1 reseptore. Langdurige werking kan AT2 reseptore stimuleer.
• Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene? Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking? Verduidelik.
Die effek van kiniene op arteries is vasodilatasie en die teenoorgestelde nl. vasokonstriksie op venas. B1 en B2 is hierby betrokke, maar meestal B2.
• Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?
Vasodilatasie word veroorsaak, dit verlaag perifere weerstand en bloeddruk wat effektief kan wees in behandeling van hipertensie. En by behandeling van hartversaking is dit vanweë edeem wat verlig word wat saam die hartversaking gaan dat dit effektief is in die behandeling van hartversaking.
• Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.
Neprilisien is ń alomteenwoordige neutrale endopeptidase, deur dit te inhibeer verhoog sirkulasievlakke van natriuretiese peptiede asook natriurese en diurese.
• Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore.
Bosentan, masietentan, sitaksen, ambrisentan endoteel derivaat vasodilatore