LEHANDRI OELOFSEN

Default profile image
----------

Hi my name is Lèhandri Oelofsenlaugh. Blogging is a first for me so please bear with me.  I live in Uitenhage in the Eastern Cape and is a distant student.  I love to work with smaller children, because they are inquisitive and it is amazing to see them learn and grow.  Actually I have more than one passion,  one is to become a good teacher and then I love the farm life.  I am farming with pigs I am really excited to learn about LSKM this semester as all children loves music and like to move.  At the end of this semester I hope that I will be able to present a good music lesson and to incorporate music in an class enviroment.

Studie Eenheid 4

11 Oct 2021, 16:35 Publicly Viewable

Goeie dag mede Bloggers

Ek hoop almal is nog gesond.  Sjoe ek sien uit na ons kort week vakansie.  Tussen die skool, toetse, take en buitemuurse aktiwiteite gaan dit nog lekker rof!

Op die vraag of kuns intergrasie 'n mors van tyd in die Grondslagfase is, stem ek glad nie saam nie.  Dit help juis vir leerders wat nie akademies presteer nie, maar wat homself kan uitleef in drama of musiek.  Ons het 'n leerder wat geweldig hakkel, maar wanneer hy op die verhoog is en opvoer, sal mens nooit sê hy hakkel nie!  Verder bevorder dit die ontwikkeling van kreatiewe probleemoplossing vaardighede, motoriese vaardighege taalvaardigheid, en sosiale vaardighede asook besluitneming vermoë.  Kinders leer van uitleg, perspektief, balans en kleur en moeilike konsepte kan visueel voorgestel word wat dit makliker maak om te verstaan bv. Wiskunde.  Kinders leer ook meer oor hul eie kultuur sowel as die van ander.  Ek glo ook dat kinders selfvertroue ontwikkel en glo in hul eie vermoë en dit geniet om op die maat van musiek te dans.

Wat was interresant en hoekom

Vir my was die rol wat kuns intergrasie speel in die holistiese ontwikkeling van die kind en hoe multikulturele klasse veral hierby baatvind.  Die voorbeelde en strategië wat as voorbeelde gegee word sal ek ook eendag in my eie klas gebruik.  Dit het my geleer van diversiteit in die klaskamer.

Wat was vir my uitdaging

Alhoewel Eenheid 4 baie insiggewend is, het die teoretiese raamwerk van musiek my nogal bietjie ondergekry aangesien ek nie die konsepte verstaan het nie.  Maar na bietjie naslaanwerk, dink ek ek het dit onder die knie.

Tot 'n volgende keer.  Mooi bly en geniet die ruskans!