CHARLENE DAVIS

Default profile image
CHARLENE DAVIS

Blog#2.6

19 Oct 2021, 13:45 Publicly Viewable

Wat is parasetamol se werkingsmeganisme?  Hoe verskil dit van die van aspirien?

Parasetamol is `n swak inhibeerder van COX 1 & 2 en dit is `n analgeties en anti-pireties. Parasetamol het geen invloed op plaatjieaggregasie nie. Parasetamol het ook geen anti-imflammatoriese effekte nie, hier is waar dit met Aspirien verskil omdat Aspirien het anti-inflammatoriese effekte.

 

Noem die indikasies vir parasetamol.  In watter omstandighede is dit 'n voorkeurmiddel by die behandeling van matige pyn en koors?

Indikasies vir parasetamol is onder andere nl.: Peptiese ulkusse, asma, hemofilie, antipireties. Parasetamol word hoofsaaklik gebruik vir die verligting van ligte tot matige wat van `n somatiese oorsrong is. Parasetamol is ook die middel van keuse by kinders. 

 

Noem newe-effekte wat met parasetamolgebruik kan voorkom.  Konsentreer slegs op algemene newe-effekte en nie akute parasetamoloordosering nie.

Algeneme newe-effekte is veluitslag en urtikaria onder andere. By alkoholiste kan lewertoksies ontstaan.

 

Weens die geredelike beskikbaarheid van parasetamol en die algemene persepsie wat by die publiek bestaan dat parasetamol 'n baie veilige middel is, kom parasetamol­vergiftiging (per ongeluk/intensioneel) redelik algemeen voor.  Stel 'n verslag saam waarin jy akute parasetamoltoksisiteit bespreek met die klem op die dosis, tekens en simptome en behandeling.  In jou handboek, sowel as in die SAMF is daar waardevolle inligting wat jy kan gebruik.

Dosis

  • 10-15g  kan dodelik wees
  • Chroniese gebruik : 2g/dag
  • Kombinasie met analgetika kan toksisiteit verhoog

Tekens en Simptome

Binne 1-2 dae:

  • Naarheid en braking
  • Abdominale pyn

Na 1 – 2 dae:

  • Regter subkostale pyn
  • Teer lewer

Behandeling

Om glutatioon in lewer aan te vul en lewerselnekrose te voorkom is die onmiddelike aanvulling van     -SH-groepe belangrik.

Parvolex (N-asetielsisteien) moet binne `n tydperk van 8-12 uur intraveneus toegedien word.

Die aanvansdosis is 150 mg/kg in 200 ml 5% glukose oor 15 minute, daarna 50 mg/kg in 500 ml 5% glukose oor 4 ure en dan 100 mg/kg in 1000 ml 5% glukose oor 16 ure.

Orale behandeling bevat 2 tipes middels: Asetielsisteïen (Solmucol®, ACC®), 140mg/kg of Karbosisteïen (Mucosirop®, Flemex®) 150mg/kg.