Patalogie van 'n migraine:
• 'n Migraine behels die verpreiding van die trigeminale senuwees na die intrakraniale arteries. Die trigeminale senuwees stel 'n neurotransmitter peptied dan vry, naamlik die "Calcitonin gene-related peptide" (CGRP). CGRP veroorsaak vasodilatasie asook ekstravasasie van plasma en plasma proteïene in die perivaskulêre spasie - m.a.w. perivaskulêre edeem. Hierdie perivaskulêre edeem veroorsaak dan meganiese strekking (rekking) en gevolglik word die pyn senu-eindes in die dura geaktiveer.
Huidige Behandeling:
• Triptans (naamlik sumatriptan, almotriptan, zolmitriptan ens.) word amper ekslusief gebruik in die behandeling van migraines. Hierdie geneesmiddels is gedeeltelike agoniste by die seretonien 5-HT1B/1D reseptors. Hierdie geneesmiddels inhibeer die vrystelling van CGRP en dan ook sodoende die perivaskulêre edeem in die intrakraniale sirkulasie. Hulle het OOK vasokonstriktoriese werking, wat die vasodilatasie en die rekking van die pyn senu-eindes (wat pyn veroorsaak) voorkom.
• Ergot alkaloïede kan ook gebruik word, bv. ergotamien en ergonovine. Hierdie geneesmiddels het gemengde gedeeltelike agonistiese effekte by die seretonien 5-HT2 reseptor EN die alfa-adrenoseptors. Hierdie middels veroorsaak gladdespier kontraksies, maar dit blokkeer die alfa-agonis vasokonstriksie. Hierdie werking sal die vasodilatasie van die migraine assok die pyn wat met die vasodilatasie gepaard gaan inhibeer.