ELMARIE BORCHERDS

Default profile image
----------

Elmarie Borcherds_31742092 #Blog 2

2 Mar 2021, 22:48 Publicly Viewable

Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?

  • Anterograde amnesie is wanneer jy aan geheueverlies lei (amnesie) tydens die gebruik en werkingsduur van ‘n spesifieke middel bv. Triasolam en Temasepam

Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.

  • Bensodiasepiene het ‘n effek op ‘n persoon se slaap patrone:
    • Dit verkort die tyd wat dit neem om aan die slaap te raak.
    • Verhoog die totale slaap wat ‘n persoon kry.

(Hierdie geld vir mense wat minder as 6ure per nag slaap)

  • Bensodiasepiene verminder REM slaap – dosis afhanklike effek
  • Mense wat aan angstigheid, insomnia, depressie, epilepsie ens. lei (wat hierdie sedatief, hipnotiese middels benodig) sukkel soms om aan die slaap te raak weens hul brein wat nie afskakel nie. Die middels help om pasiënte aan die slaap te maak. Verder word hul gereeld in die nag wakker en onderbreek hul slaap siklus. Dit lei tot uitputting, wat verdere newe-effekte kan hê bv. Angstigheid. Die middels help dan om die hoeveelheid slaap wat ‘n pasiënt kry te vermeerder om newe effekte van hul toestand te verminder.

Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik.  Kan jy verduidelik hoekom?

  • Lorasepam
  • Midasolam
  • Diasepam
  • Barburate
  • Hierdie middels is sederend. Sedasie vorm deel daarvan dat anestesie suksesvol gedoen kan word. Onderdrukking van die SSS vind plaas sodat anestesie effektief kan wees, veral tydens sjirurgie.

Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?

  • Fenobarbitoon (Barburaat)
  • Klobasam (BD)
  • Klonasepam (BD)

Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?

  • Karbamate is asetielcholien-esterase (AchE) inhibeerders, wat die konsentrasie Ach in die liggaam hoog hou vir ‘n lang ruk omdat ensieme dit nie afbreek nie. Ach het parasimpatiese effekte en lei dat spiere verslap/ontspan.
  • BD’s bind aan die GABA reseptore wat ‘n sedatiewe effek teweeg bring en spiere verslap.

Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.

  • Sedatief hipnotika onderdruk die SSS. D.w.s. dit onderdruk die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels in die liggaam, sodat ‘n persoon minder newe effekte, bv. Hiperventilasie, hartkloppings, angstigheid, tremore, depressie ens. beleef nie. Die effek is dus dat daar ‘n afname is in die respiratoriese werking asook ‘n afname in die intensiteit van die kardiovaskulêre sisteem (afname in hartklop en frekwensie van werking) is.