WICUS VAN DER MERWE

Default profile image
----------

#Blog3

5 Mar 2021, 10:36 Publicly Viewable

Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed?  Wat is die kliniese belang hiervan?

Die lipofiliteit van Bensodiasepiene beïnvloed die absorbsie daarvan. Die kliniese belang hiervan is, dat hoe meer Lipofiel 'n Bensodiasepien is, soos Zolpidem hoe vinniger is die aanvang van werking, omdat die middels makliker oor di Bloedbreinskans beweeg.

Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?

Herdistribusie beteken 'n geneesmiddel word geabsorbeer in die brein en dan weer versprei na ander weefsel toe, omdat dit hoogs lipiedoplosbaar is. Soos die middel Tiopentoon, wat vinnig geabsorbeer word in die brein a.g.v die middel se lipiedoplosbaarheid en dan vinnig weeer uit die brein beweeg in ander weefsel in, soos vetweefsel en vorm 'n depo wat van daar af weer vrygestel kan word, dus die middel word nie dadelik uitgeskei nie. 

Hoe word die BD’e gemetaboliseer?  Gee die verskillende stappe in die proses.

Bensodiasepiene word stapsgewys gemetaboliseer deur die volgende prosesse:

  • Dealkilering: waar aktiewe metaboliete vorm.
  • Oksidasie: deur die ensiem Sitochroom P450, waar aktiewe metaboliete vorm.
  • Konjugasie: geoksideerde metaboliet met glukuronsuur om onaktiewe metabolete te vorm.

Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel?  Wat is die belang hiervan?

Diasepam, chloorasepaat, prasepam, chloordiasepoksied en ketasolam.  Hierdie middels ondergaan al drie metaboliese prosesse en vorm aktiewe metaboliete wat die middels se werkingsduur verleng.

Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P45 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie?  Wat is die voordele hiervan?

Oksasepam, lorasepam, temasepam en lormetasepam. Hierdie middels ondergaan slegs konjugasie in die metaboliese prosesse. Hierdie middels word dus nie geoksideer nie en word nie deur Sitochroom P450 ensieme gemetaboliseer nie. Dit is dus ideaal in pasiënte wie se CYP450 aktiwiteit laag is. Die middels word steeds voldoene gemetaboliseer.

Wat is ensieminduksie?  Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor?  Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?

Ensieminduksie is middels wat 'n spesifieke ensiem se funksie verbeter of namaak. Middels bekend hiervoor is Diasepam en Chloordiasepoksied, wat die ensiem Sitochroom P450 induseer.