D BOUCHER

Default profile image
D BOUCHER

Blog #2

7 Mar 2021, 20:17 Publicly Viewable

Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?

Wanneer 'n pasient die gebeure vergeet wat tydens die geneesmiddel se werkingsduur plaasvind word daarna verwys as anterograde amnesie. Hierdie geheueverlies word veroorsaak deur bensodiasepiene insluitend diazepam, lorazepam en midazolam.

Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasient.

Die hoeveelheid tyd wat dit die pasient neem om aan die slaap te raak word deur sedatief-hipnotiese middels verlaag. Die pasient se slaaptyd duur langer met 'n verlenging van fase 2 REM. Hierdie middels word gebruik in die behandeling van insomnia wat 'n verbetering in lewenskwaliteit tot gevolg het.

Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik. Verduidelik hoekom.

Diazepam, Lorazepam en Midazolam word as aanvullende terapie gebruik. Omdat hierdie middels anterograde amnesie veroorsaak word dit gebruik om die pasient se ervaring van narkose tydens 'n operasie of prosedure te verbeter aangesien hulle nie die gebeure van narkose toediening sal onthou nie.

Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?

Bensodiasepiene: Clonazepam, diazepam, clobazam en lorazepam.

Barbiturate in hoe dosisse: Phenobarbital

Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BDe?

Die effekte van GABA word gepotensieer aangesien hierdie middels op die GABA-A reseptor inwerk. Dit veroorsaak postsinaptiese potensiaal inhibering en het die inhibering van skeletspier sametrekking tot gevolg omdat die membraan gehiperpolariseer word.

Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulere stelsels.

Daar word 'n onderdrukkende effek op die SSS uitgeoefen deur sedatief-hipnotika. Die funksionering van die respiratoriese en kardiovaskulere sentrums word ook onderdruk aangesien die medulla oblongata die sentrums vir die twee stelsels bevat.