D BOUCHER

Default profile image
D BOUCHER

Blog #3

7 Mar 2021, 20:33 Publicly Viewable

Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beinvloed? wat is die kliniese belang hiervan?

Hoe meer lipofiel die middel is, hoe beter is die absorpsie en verspreiding daarvan. Dit word ook vinniger geabsorbeer hoe meer lipofiel die geneesmiddel is, aangesien dit die affiniteit van geneesmiddel beinvloed. Hierdie het 'n invloed op die aanvangstydperk van die geneesmiddel se werking.

Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?

Herdistribusie verwys na geneesmiddels wat eerste na die brein, hart en niere beweeg, daarna word dit na die res van die liggaam versprei. Dit is belangrik om te bepaal hoeveel van 'n geneesmiddel moet toegedien word sodat genoegsame hoeveelheid beskikbaar is om effek te bewerkstellig.

Hoe word BDe gemetaboliseer? Gee die verkillende stappe in die proses.

Lewermikrosomale ensieme, insluitend CYP3A4 en CYP450 is verantwoordelik vir BDe metabolisme.

Stap 1 - Dealkilering vorm aktiewe metaboliete wat farmakologiese effekte kan induseer.

Stap 2 - Oksidasie vorm ook aktiewe metaboliete wat farmakologiese effekte kan induseer.

Stap 3 - Konjugasie verwys na die reaksie tussen geoksideerde metaboliete en glukuronsuur om onaktiewe metaboliete te vorm wat meer wateroplosbaar is. Dit kan deur die niere uitgeskei word.

Watter BDe word na aktiewe metaboliete omgeskakel? Wat is die belang hiervan?

BDe na aktiewe metaboliete omgeskakel:
- Chlooraseptaat
- Prazepam
- Chloordiasepoksied
- Diazepam
- Ketazolam

Die belang van die middels berus op die feit dat dit die werkingsduur verleng en kan nadelige gevolge he in bejaardes, neonate, pasiente wat P450 ensieminhibeerders gebruik of pasiente met verswakte lewerfunksie.

Watter BDe is nie afhanklik van die CYP450 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie? Wat is die voordele hiervan?

BDe nie afhanklik van CYP450 oksidatiewe ensieme nie:
- Lorazepam
- Temazepam
- Lormetazepam
- Oxazepam

In pasiente met verswakte CYP450 aktiwiteit, is die middels ideaal om te gebruik aangesien dit nie afhanklik is van CYP450 vir metabolisme om sodoende 'n effek te bewerkstellig nie.

Wat is ensieminduksie? Watter vand ie sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor? Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?

Ensieminduksie: Bevordering of verbetering van ensiem se werking.

Barbiturate en meprobamaat is bekend vir ensieminduksie wat 'n vinniger werkingsduur tot gevolg het.