D BOUCHER

Default profile image
D BOUCHER

Blog #5

7 Mar 2021, 22:01 Publicly Viewable

Watter tipe kinetika ondergaan etanol ind ie liggaam? Verduidelik ook wat di ekliniese betekenis hiervan is.

Eliminasie van etanol vind volgens die zero-orde kinetika plaas teen 'n konstante tempo. Dit is onafhanklik van die konsentrasie in bloedplasma. Om die rede kan etanol in die liggaam versamel wat die effekte daarvan vererger.

Gee 'n kort opsomming van die metaboliese wee van etanolmetabolisme.

Alkoholdehidrogenase en gemengde funksie oksidases ensiemsisteme is verantwoordelik vir etanol metabolisme. Alkoholdehidrogenase sisteem vind plaas wanneer daar lae tot matige etanol vlakke in die bloed is en word etanol omgeskakel na asetaldehied. Die ko-ensiem NAD+ betrokke is beperk met die gevolg dat die sisteem versadig kan word. MEOS sisteem vind plaas in die geval van hoe etanol vlakke in bloed en word dit omgeskakel na asetaldehied. Die ko-ensiem NASPH+H is betrokke en neem die MEOS aktiwiteit toe met chroniese alkohol gebruik wat aanleiding gee tot toleransie teen alkohol.

Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beinvloed en wat is die effekte daarvan?

Geneesmiddels:
- Kefalosporiene
- Metronidasool
- Hipoglisemiese
- Disulfiram

Aldehiedhidrogenase skakel asetaldehied om na asetaat. Die geneesmiddels inhibeer die werking van die ensiem en dus hoop asetaldehied in di liggaam op met ongewenste effekte soos braking, hoofpyn en naarheid tot gevolg.