Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Die MEOS sisteem word deur chroniese gebruik van alkohol geinduseer. Toleransie teen alkohol word ontwikkel aangesien meer alkohol per eenheid tyd gemetaboliseer word.
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
'n Afname in lewerfunksie word deur die chroniese gebruik van alkohol veroorsaak wat hepatits en sirrose tot gevolg kan he. Vet akkumulasie vind plaas a.g.v. 'n afname in glukoneogenese, dus word hipoglukemie ondervind. 'n Verhoging in mikrosomale aktiwiteit in die lewer vind ook plaas.
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Wernicke-Korsakoff-sindroom verwys na 'n toestand van perifere neuropatie. Simptome sluit in verlamming van gesigspiere, verwarring en ataksie. Hierdie sindroom word deur tiamiengebrek veroorsaak. Om breinskade te voorkom vorm tiamien toediening deel van die behandeling. Soms is die breinskade tot so 'n graad dat dit onomkeerbaar is.
Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
In die uterus word babas aan alkohol bloodgestel wat die ma tydens swangerskap inneem. Tydens die eerste trimester van 'n swangerskap het die misbruik van alkohol die grootste invloed. Hierdie veroorsaak gebrekke in ontwikkeling, kognitiewe en gedrags versteurings a.g.v. ontwikkelende neurone wat beskadig word. Verdere gevolge sluit in groeigebrekke, verstandelike gestremdheid, mikrokefalie ens.
Hoe verskil farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Geneesmiddel metabolisme word deur die chroniese gebruik van alkohol verhoog, waar geneesmiddel metabolisme afneem met die akute gebruik van alkohol.
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte vand ie ander middels deur alkohol gepotensieer word.
1. Hipoglimiese middels.
2. Aspirien
3. Parasetamol
4. Vasodilatore