RINETTE LOSPER

Default profile image
----------

Blog#7

8 Mar 2021, 09:58 Publicly Viewable

Blog#7

  • Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
    • Omrede sommige anti-epileptiesemiddels die hepatiese sitochroom P450 ensiem induseer, estrogeen en progesteroon word omgeskakel na hul onaktiewe metaboliet. Dus verlaag die serum konsentrasie van hormone wat in orale kontrasepsie gevind word.
    • Beïnvloed- Phenobarbital, Phenytoin, Carbamazepine, Felbamate, Oxcarbazepine, Topiramate
    • Veilig – Valproaat suur, Lamotrigine, levetiracetam

  • Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
    • Neonate het ’n baie stadige metabolisme en opruiming, dus word serum konsentrasie moeilik gehandhaaf en deurbraak epileptiese aanvalle kan plaasvind.
    •  Babas en Kinders het ’n baie vinnige metabolisme en opruiming dus word die serum konestrasie goed gehandhaaf.
    • Adolosente en volwassenes het ’n goeie metabolisme en opruiming dus word daar goeie serum konsentrasie gehandhaaf,maar in die geval moet pasient meewerkenheid na gekyk word. Ook in vrouens wat swanger wil word. Somige epileptiese medikasie is teratrogenies en kan dus fetus abnormalitieite en dood veroorsaak.
    • Bejaardes het ’n baie stadige metabolisme en opruiming ,dus word serum konsentrasie moeilik gehandhaaf en deurbraak epileptiese aanvalle kan plaasvind.

  • In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
    • By middels wat ensieminhiberende eienskappe besit bv Valproaat, Fenytoin, Fenobarb en Lamotrigine.
    • Fenytoin het versadigde metabolisme en moet daar dus ook na die plasma bloed vlakke gekyk word.
    • Gebruik van kontrasepsie saam met Valproaat en Fenytoin.
    • By bejaardes moet daar na natrium vlakke gekyk word, omdat hiponatremie kan voorkom veral met die gebruik van oskarbasepiene en karbasepien.