CORLI RAMSAUER

Default profile image
----------

Blog #5

11 Mar 2021, 15:25 Publicly Viewable

BLOG #5: Farmakokinetika van alkahol

  • Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Etanol is onderhewe aan zero-orde kinetika. Dit beteken dat ‘n konstante hoeveelheid alkahol in ‘n sekere tyd gemetaboliseer word ongeag van die hoeveelheid etanol wat ingeneem word en die bloedplasma konsentrasievlakke. Dus as daar te veel etanol ingeneem word, word die reseptore uitgeput en die etanol sal nie gemetaboliseer kan word nie en “ophoop” in die liggaam. Die “ophoping” van etanol kan lewensbedreigende gevolge inhou.  

  • Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.

Eerste weë is die Alkaholdehidrogenase ensiemsisteem wat die primêre weg is. Etanol word deur alkahol dehydrogenase omgeskakel na asetaldehied m.b.v. die ko-ensiem NAD+. Die sisteem kan versadig raak (het zero-orde kinetika) a.g.v. beperkte hoeveelheid NAD+ wat beskikbaar is.

Die Mikrosomale etanol oksideringsisteem (MEOS) tree in by bloed alkahol vlakke >100mg/L. Die sisteem maak gebruik van die ko-faktor NADPH om etanol m.b.v. gemengde funksie oksidase om te skakel na asetaldehied.

 

  • Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
  • Disulfiram
  • Metronidasool
  • Hipoglisemiese geneesmiddels
  • Kefalosporiene

Die geneesmiddels inhibeer die aldehied dehidrogenase ensiem en veroorsaak die opeenhoping van asetaldehied wat simptome soos naarheid en braking en hoofpyn.