BLOG #6: Chroniese effekte van alkahol
Met chroniese gebruik van alkahol word MEOS aktiwiteit verhoog en is so gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie. Daar vind Sentrale senuweestelsel aanpassings plaas. Die metaboliese tempo van alkahol word verhoog deur die opregulering van reseptore wat veroorsaak dat alkahol vinniger gemetaboliseer word en meer alkahol ingeneem moet word om die gewenste uitwerking te kry.
Daar is progressiewe afname in lewerfunksie. Hepatitis en sirrose kom voor. Daar is ‘n afname in glukoneogenese wat hipoglukemie en vetakkumulasie en nutriëntgebreke veroorsaak. Daar is verhoogde aktiwiteit in lewermikrosomale ensieme.
Wernicke-Korsakoff sindroom ontstaan a.g.v. perifere neuropatie in die sentrale senuweestselsel a.g.v. die kroniese gebruik van alkahol. Simptome van die siekte is ataksie, verwarring en paralise van gesigspiere. Dit word behandel met parentale tiamien.
Fetale alkaholsindroom kom voor as ‘n moeder alkahol misbruik tydens haar swangerskap veral tydens haar eerste trimester. Die alkahol wat die ma inneem kruis die plasenta en bereik konsentrasies in die fetus wat ooreenstem met marental tyd. Die baba word dan gebore met verstandelike vertragings, groeigebrekke, mikrokefalie en karakteristieke onderontwikkeling van die middelste gesigarea.
Akute alkahol gebruik veroorsaak net die afname in metabolisme van middels wat geneem word tydens die akute alkahol gebruik. Bv. Fenotiasiene wat gebruik word in die behandeling van psigose word nie op die normale wyse gemetaboliseer vir die tydperk wat die alkahol in die liggaam bly nie.
Met chroniese alkahol gebruik verhoog metaboliese transformasie van ander geneesmiddels.
Alkahol saam met ander sentraal senuweestelsel onderdrukkers bv. Bensodiapiene.
Alkahol saam met vasodilatore om hoë bloeddruk te behandel.
Saam hipoglisemiese middel omdat dit glukoneogenese veroorsaak.
Paracetamol