Die volgende middels verminder die effektiwiteit van die Pil:
Fenobarbitoon
Karbamasepien
Fenitoïen
Okskarbasepien
Topitamaat
Die implikasie hiervan is dat die Pil vinniger gemetaboliseer word en daarvolgens sal ‘n onbeplande swangerskap kan plaasvind, omdat die Pil se effektiwiteit beïnvloed word deur die geneesmiddels.
Middels wat eerder gegee moet word is:
Valproaat
Lamatrogine
Gabapentin
Leviterasepam
Vigabatrin
Hierdie middels meng nie in met die metabolisme van die Pil nie en is dus meer effektief vir voorbehoeding gesamentlik met die anti-epilepsie middel.
Neonate se metabolisme is stadiger as die van babas en kinders (wat ‘n vinniger metabolisme as volwassenes het). Bejaardes het ‘n afname aan metabolisme tempo. Daarom sal bejaardes ‘n laer dosis ontvang om toksisiteit te voorkom, omdat die geneesmiddel stadig afgebreek word en ‘n hoer konsentrasie plasma geneesmiddel vlak sal veroorsaak. Babas en kinders kan ‘n hoër dosis ontvang omdat hul metabolisme vinnig is, andersins gaan daar sub terapeutiese vlakke in die pasiënt bereik word, wat tot oneffektiwiteit van die geneesmiddel kan lei. Neonate moet ook dus, soos die bejaardes ‘n laer dosis kry, omdat hul metabolisme nog nie ten volle ontwikkel het nie kan ‘n hoë dosis tot toksisiteit lei.
Met gebruik van fenitoïen. Omdat daar ‘n zero-orde kinetika inskop bo 10g/ml fenitoïen in die plasmavlakke, is daar ‘n groter kans vir toksisiteit. ‘n Klein verhoging in Fenitoïen dosis kan die konsentrasie bloedplasma vlak baie verhoog.