Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Middels wat orale kontrasepsie se metabolisme beinvloed:
Fenobarbitoon, karbamasepien en fentoien.
Hierdie middels is ensieminduseerders wat sitochroom P450 induseer dit veroorsaak 'n verlaging in sekere hormoon vlakke van vroue wat op orale kontrasepsie is. Gevolglik sal daar 'n hoer risiko wees vir verlaagde werking van die kontrasepsie en onbeplande swangerskap kan gebeur.
Middels wat nie die orale kontrasepsie se metabolisme beinvloed nie en veilig is om saam met die pil te gee:
Valproaat, gabapentin, lamotrogine en leviterasetam.
Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
Neonate: Stadiger metabolisme dus moet 'n laer dosis toegedien word.
Babas en kinders: Vinniger metabolisme as volwassense en moet dus 'n hoer dosis kry.
Bejaardes: Stadiger metabolisme en moet laer dossise ontvang.
In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
By middels met 'n nou terapeutiese venster-bv. fenotoien- want 'n baie klein dosis verhooging mag mag 'n baie groot verhoging in plasma vlakke tot gevolg he wat toksiese effekte kan veroorsaak.