Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
Geneesmiddels wat die dopamine aktiwiteit verhoog.
Geneesmiddels wat die cholinergiese aktiwiteit verlaag.
Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Amantadien is ‘n metaffinoiede potensieerder van dopamien, wat die vrystelling van dopamine vehoog, die sintese van dopamine verhoog en die heropname van dopamine blokkeer.
Amantadine is ook ‘n NMDA antagonis, agv die antidiskinetiese effekte.
Is ook ‘n adenosien A2 anatagonis, wat D2 reseptorfunksies inhibeer en lei tot verhoogde dopamien.
Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
Amantadien:
Mataffinoiede potensieerder van dopamine, verhoog dopamine vrystelling en die sintese.
Dit blokkeer die heropname van dopamine.
Selektiewe MAO-B remmers:
Inhibeer selektief MAO-B ensieme, wat lei tot inhibusie van dopamine metabolisme.
Dit verhoog dopamine konsentrasie in die SSS.
COMT-remmers (Entakapoon):
COMT-ensieme metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD
hul kompeteer vir aktiewe transportprosesse.
Dus verleng COMT-remmers die werkingsduur van l-dopa, verminder die perifere metabolisme en verbeter die biobeskikbaarheid
Bv. Entakapoon
Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Ergotderivate:
Broomkriptien
Nie-Ergotderivate:
Pramipeksool
Ropinirool
Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
D2 Agoniste:
Ropinirool
Broomkriptien
D3 Agoniste:
Pramipeksool
Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
MAO-B remmers voorkom dat MPTP omgeskakel word na MPP+, wat dus beskerm teen die voorkoms van Parkinsonisme. (Beskerm die verlies en afbraak van neurone).
Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
MOA-B het ‘n voorkeur vir dopamien as ‘n substraat, wat gevolglik dopamien konsentrasie in die SSS sal verhoog.
Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
COMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD)
Dit lei tot verhoogde plasmavlakke van 3OMD, wat ‘n swak terapeutiese respons met l-dopa het, agv kompetering vir aktiewe transportprosesse.
COMT-remmers verleng die werkingsduur van l-dopa, verlaag perifere metabolisme en verbeter biobeskikbaarheid.
Hoe werk Istradefilien?
Istradefillien, is ‘n adenosien A2 antagonis en sal dus dopamien aktiwiteit se verhoging tot gevolg he.