MARI VAN RHYN

Default profile image
MARI VAN RHYN

Blog #10

8 Apr 2021, 17:16 Publicly Viewable

Leergedeelte 8.2: Werkingsmeganismes van antiparkinsonistiese middels

Blog #10

  • Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Geneesmiddels wat dopamien aktiwiteit verhoog en geneesmiddels wat lei tot verlaagde cholinergiese aktiwiteit

  • Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Metaffnoiede dopamien potensieerder, verhoog die vrystelling en sintese van dopamien en inhibeer ook die heropname van dopamien. Die geneesmiddel is ook ‘n NMDA antagonis wat lei tot antidiskinetiese effekte.

  • Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

Metaffnoiede dopamien potensieerder nl. Amantadien wat verhoogde vrystelling en sintese van dopamien veroorsaak en inhibeer ook die heropname van dopamien.

MOA-inhibeerders, naamlik Selegilien en Rasagilien verhoog indierek dopamien konsentrasies deurdat dit selektief monoamien-oksidasie B inhibeer. Hierdie ensiem is verantwoordelik vir dopamien metabolisme, dus word verhoogde dopamienvlakke verkry.

COMT-inhibeerders bv. Entakapoon en Tolkapoon wat levodopa omskakel na 3-O-metieldopa

  • Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergotderivaat: Broomkriptien

Nie-ergotderivaat: Pramipeksool en Ropinirool

  • Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

D2 - Bromokriptien en Ropinirool

D3 - Pramipeksool

  • Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Pramipeksool, verlaag die affektiewe simptome soos depressie deurdat die vernietiging van dopamien produserende selle in die liggaam verstadig word

  • Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

MOA-B het ‘n voorkeer vir dopamien as substraat en deur hierdie ensiem te inhibeer sal die metabolisme van dopamien verlaag word, dus word verhoogde dopamienvlakke verkry in die striatum.

  • Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

COMT-inhibeerders word in kombinasie met levodopa gebruik. Dit voorkom dat levodopa omskakel na 3-O-metieldopa, dus verhoogde vlakke van levodopa, dit verlaag oog dus die perifere metabolisme van levodopa en lewer verbeterde biobeskikbaarheid van levodopa.

  • Hoe werk Istradefilien?

Dit is ‘n adenosien A2A antagonis wat gebruik word as aanvullende terapie met levodopa/karbidopa, omdat dit keer dat adenosien die D2 reseptor funksie inhibeer.

  • Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied

MAO-inhibeerder soortgelyk aan Rasagilien en Selegilien. Dit verlaag die metabolisme van dopamien deur die ensiem MOA-B omkeerbaar te inhibeer wat lei tot verhoogte dopamien vlakke. Dit veroorsaak ook verlaging in die vrystelling van glutamaat.

Bronnelys

  1. Katzung, B.G. ed. 2015. Basic & Clinical Pharmacology, 14th ed. New York: McGraw-Hill. p. 492-509.