MELANIE MARÈ

Default profile image
----------

Blog #10

17 Apr 2021, 16:47 Publicly Viewable
  1. Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
  • Middels wat DA aktiwiteit verhoog
  • Middels wat cholinergiese aktiwiteit verlaag

2. Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

  •  Amantadien is 'n dopamien metaffinoeid potensieerder, dit verhoog die vrystelling en sintese van dopamien en blokkeer heropname van dopamine. 

3. Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

  • Selektiewe MAO-B inhibeerders (Rasagalien) - tot gevolg word dopamien metabolisme ondderdruk en DA vlakke in die SSS verhoog
  • KOMT-remmers (Entakapoon) rem KOMT wat L-dopa na die onaktiewe 3OMD metaboliseer. DUs verlaag 3OMD vlakke en L-dopa vlakke verhoog, meer L-dopa kan die BBS deurdring want die 3OMD kompeteer nie meer vir aktiewe transport reseptore nie. KOMT-remmers verleng die werkingsduur van L-dopa deur metabolisme te verminder wat biobeskikbaarheid verhoog.
  • Amantadien verhoog indirek DA aktiwiteit volgens die meganisme in 2 genoem
  • Istradefilien wat is adenosien A2 antagonis is inhibeer adenosien wat Dopamien 2 funksie inhibeer, die help af-periodes in die L-dopa behandeling voorkom

4. Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

  • Ergot: Broomkriptien
  • Nie-ergot: Pramipeksool, Ropinirool, Rotigotien, Pergolied

5. Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

  • D1 - Pergolied
  • D2 - Broomkriptien, Ropinirool, Pergolied
  • D3 - Ropinirool

6. Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

  • Rasagelien, Selegilien en Pramipeksool
  • Dit voorkom Parkinsonisme deur te keer dat MPTP omskakel na MPP+

7. Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

  • Dit voorkom die progessie van Parkinsons en tree neurobeskermend op
  • Dit kan addisioneel saam L-dopa gegee word om simptome te verlig

8. Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

  • KOMT-remmers (Entakapoon) rem KOMT wat L-dopa na die onaktiewe 3OMD metaboliseer. DUs verlaag 3OMD vlakke en L-dopa vlakke verhoog, meer L-dopa kan die BBS deurdring want die 3OMD kompeteer nie meer vir aktiewe transport reseptore nie. KOMT-remmers verleng die werkingsduur van L-dopa deur metabolisme te verminder wat biobeskikbaarheid verhoog.

9. Hoe werk Istradefilien?

  • Istradefilien wat is adenosien A2 antagonis is inhibeer adenosien wat Dopamien 2 funksie inhibeer, die help af-periodes in die L-dopa behandeling voorkom

10. Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied

  • Safinamied het 'n 2-ledige MVW - eerstens verhoog dit DA aktiwiteit deur inhibisie van MOA-B en Da opname en tweedens inhibeer dit glutamaat vrystelling