RHODÉ MULDER

Default profile image
----------

Blog #11

27 Apr 2021, 21:06 Publicly Viewable
  1. Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

Alifatiese syketting bv. Chloorpromasien

= Het ‘n lae potensie, het min ekstrapiramidale effekte (bind swakker aan dopamien reseptore), veroorsaak erge sedasie, kan gewigstoename veroorsaak, sterk anti-cholonergiese newe-effekte, sterk alfalitiese effekte veroorsaak posturale hipotensie, kardiotoksies (tagikardi).

Piperidien syketting bv. Tioridasien & perisiasien

= Het ‘n lae potensie, het min ekstrapiramidale effekte (bind swakker aan dopamien reseptore), veroorsaak erge sedasie, kan gewigstoename veroorsaak, sterk anti-cholonergiese newe-effekte, sterk alfalitiese effekte veroorsaak posturale hipotensie, kardiotoksies (tagikardi). Dieselfde as alifaties.

Piperasien syketting bv. Flufenasien, perfenasien, trifluoperasien, prochloorpenasien.

= Hoe potensie, meer ekstrapiramidale effekte, swakker anticholinergiese newe-effekte, swakker alfalities, minder sedasie en minder kardio newe-effekte.

  1. Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Dopamien 2 reseptore

  1. Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Tipies – Blokkeer die mesolimbiese dopamien 2 reseptore. Multipotente kompeterende antagoniste en blokkeer eerder D2 as 5-HT2.

Atipies – Blokkeer die 5-HT2a reseptore en is inverse agoniste die 5-HTa en 5-HTc meer as dopamien 2 reseptore. Multipotenre antagoniste (inverse agoniste) wat eerder 5-HT2 blokkeer as D2.

  1. Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Alifatiese en Piperidien sykettings.

  1. Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Piperasien sykettings.

Omdat die middel baie potent is, kan selfs ‘n klein hoeveelheid lei tot ekstrapiramidale effekte.

  1. A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

M-reseptore