Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
Geneesmiddels wat DA aktiwiteit verhoog.
Geneesmiddels wat Ach aktiwiteit inhibeer/verlaag.
Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Dit verhoog DA aktiwiteit d.w.s. dit gaan die DA verhoog.
Amantadien is ‘n metaffinoide potensieerder van DA d.w.s.: Dit verhoog die sintese van DA, verhoog die vrystelling van DA en dit blokkeer die heropname van DA.
Amantadien is 'n Adenosien A2 antagonis - dit veroorsaak ʼn verhoging in die Dopamien vlakke (D2 reseptorfunksie word geïnhibeer).
Amantadien het anticholinergiese effekte, dit is antiviral, dit het antidiskinetiese effekte- kan gesien word as 'n NMDA antagonis (help met bewegingsteurnisse).
Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Ergotderivaat: Broomkriptien
Nie-ergotderivate: Pramipeksool & Ropinirool
Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
Dopamien-2: Broomkriptien, Ropinirool,
Dopamien-3: Pramipeksool.
Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Selegilien en Rasagilien (Selektiewe MAO-B inhibeerders).
MAO-B inhibeerders verminder die voorkoms van Parkinson se siekte deur te voorkom dat MPTP omgeskakel word na MPP+.
Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
MAO-B ensiem het n voorkeur vir DA as substraat. Deur die MAO-B ensieme te blok, word DA nie afgebreek nie en die DA konsentrasie in die SSS verhoog.
Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
KOMT metaboliseer L-DOPA na 3-O-metieldopa (3OMD) wat ‘n onaktiewe metaboliet is.
3OMD kompeteer met L-DOPA vir aktiewe transport en gevolglik het die verhoogde plasma vlakke van 3OMD 'n swak terapeutiese respons met L-Dopa.
KOMT-remmers verlaag die perifere metabolisme, verbeter die biobeskikbaarheid en verleng die werkingsduur van L-Dopa.
Bv. Entakapoon.
Hoe werk Istradefilien?
Istradefilien is ‘n Adenosien A2 antagonis- Verhoog die dopamien vakke omdat adenosien die D2-Reseptor funksie blok. D.w.s. as adenosien geblok word kan dit nie die D2-Reseptore se funksie inhibeer nie en DA aktiwiteit sal verhoog.
Bespreek die werkingsmeganisme van safinamide
Dit het ‘n 2 ledige Meganisme van werking:
1. Dit verhoog DA aktiwiteit
-Inhibeer MAO-B (omkeerbaar)
-Inhibeer DA heropname
2. Dit verlaag glutamaat vrystelling.