HANNES NIEUWOUDT

Default profile image
----------

Blog #12

17 May 2021, 11:46 Publicly Viewable

1) Klassifikasie van middels gebruik as anti-depressante.

1.1) Trisikliese anti-depressante

Die tersiere amiene

  • amitriptillien
  • imipramien
  • trimipramien
  • chloorimipramien
  • dotiepien
  • butriptillien

Die sekondere amiene

  • nortriptilirn
  • desimipramien
  • lefopramien

1.2) Die mono-amienoksidase inhibeerders (MAOI's)

  • Trianielsipromien
  • Moklobemied

1.3) Selektiewe seritonien heropname inhibeerders (SSRI's)

  • Fluoksetien
  • Paroksetien
  • Fluvoksamien
  • Sertralien
  • Esitalopram

1.4) Seretonien en noradrenalien heropname inhibeerders (SNRI's)

  • Venlafaksien
  • Dulexetien

1.5) Selektiewe noradrenalien heropname remmers (NARI's)

  • Reboksetien

1.6) Tetrasikliese en unisikliese anti-depressante

  • Mianserien
  • Mirtasepien
  • Bupropioon

1.7) Seritonien reseptor moduleerders

  • Trasodoon
  • vortioksetien

1.8) Sarkadiese ritme reguleerders

  • Agomelatien

2) Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Die anti-depressante inhibeer die heropname van spesifieke neurotransmitters by selektiewe reseptore, wat daartoe lei dat die spesifieke neurotransmitter se konsentrasie verhoog by die senuwees in die brein.

3)  Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

Dit neem ongeveerd vier tot ses weke vir anti-depressante om hulle volle terapeutiese effekte te werk te bring. 

In mense met depressie is G-Proteiene geneig m te akkumuleer in lipied "rafts" (areas in die membraan ryk in cholesterol). Hier het hulle nie toegang tot AMP wat hulle nodig het om te funksioneer nie. Anti-depressante akkumuleer met tyd in hierdie "rafts" met tyd en die G-proteiene word minder. Die stadige uit beweeg van die G-proteiene uit die "rafts" na plekke in die membraan waar hulle beter kan funksioneer is heel moontlik die rede waarom dit so lank neem vir anti-depressante om te werk

4) Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.: Effektiwiteit, Newe-effekte en Veiligheid ?

TAD SSRI's

Effektiwiteit;

TAD het gemengde blokkerende aktiwiteit teen NET en SERT

Effektiwiteit;

Hoogs selektiewe blok van SERT

Min effek op NET

Newe-effekte;

Sedasie (weens H1 inhibering)

Simpatomimeties; tremore, insomnia (weens NA heropname verlaging)

Cholinergies; visiesteurnisse,droe mond, konstipasie, urienretensie,verwarring (weens M-blokkering)

Psigose; kan manie presipiteer

Konvulsies

Metabolies-endokrien; massatoename, seksuele steurnisse

Newe-effekte;

Nie sederend

Simpatomimeties; tremore, insomnia (weens NA heropname verlaging)

SVK steurnisse

Metabolies-endokrien; massaverlies (weens verlaagde H1 aktiwiteit)

Ekstrapirimidale simptome; Naalde en spelde gevoel, kriewelrigheid, rustelose bene

Ontrekkingdsindroom

 

Veiligheid;

Kan koma veroorsaak, is kardiotoksies en kan konvulsies tot gevolg he (verlaag drumpel waarde van konvulsies)

 

Veiligheid;

CYP450 inhibering dus baie geneesmiddel interaksies.

 

5) Hoe werk mirtasepien, venlafaksien en agomelatien?

Mirtasepien

Noradrenalien en spesifieke seritonien anti-depressant, blok alfa2, seritonien 2A en seritonien 3 reseptore. 

Die blok van alfa 2 reseptore verhoog beide noradrenalien(autoreseptor) en seritonien(heteroreseptor) vrystelling.

Indirekte stimulasie van seritonien 1A

Venlafaksien

Selektiewe blok van NET en SERT, meer potent teenoor SERT

Agomelatien

herstel die liggaam se sarkadiese ritmes. Primere agonis op melatonien 1 en 2 reseptore en 'n antagonis op seritonien 2C reseptore.