My naam is Hannemie Strydom
Ek is 21 jaar oud. Ek het direk na skool in 2019 begin werk as 'n Graad R assistent by Laerskool Hartenbos . En het dus eers vir 'n jaar in 2019 net eers gewerk by die skool en daarna besluit om in 2020 te begin studeer. Ek het ook tans 'n stokperdjie wat verander het in 'n besigheid . Die besigheid se naam is Hanna creations waar ek begin skets het en daarna gedink het om my sketse op hemde , broeke en op maskers te laat print. Ek hou ook daarvan om te gaan oefen .
Ek bly ook al amper vir 9 jaar in Hartenbos en bly nog tans by my ouers . Ek het ook 'n broer wat nou ook tans in Matriek is . Die rede hoekom ek onderwys gekies het is omdat ek altyd 'n passie vir klein kindertjies gehad het . En dat dit baie opwindend is om met die kindertjies te werk . Die geval is dus nie net dat jy dinge van die lewe vir hulle aan leer nie maar dat jy ook elke dag iets an hulle af leer.