Deel 1 :
Op die oomblik voel ek nie enigsins iets , as dit ooit sin maak nie . As gevolg van Covid 19 , het dit baie hartseer gesaai in my lewe die afgelope tyd . Net wanneer jy dink jy gaan ok wees , slaan die realiteit jou en dat jy nie genoeg die mense wardeer het om jou nie , en dan word hulle van jou af weg geneem . Maar dat net geloof mens deur die hartseer kan deur trek.
Wat my aangemoedig het om aan te leer oor die moduele is om dit op my beste te kan doen en om te kan aanbeweeg en om te bou op my toekoms , elke boksie wat ek kan af tik , is 'n stappie nader aan my droom werk as onderwyseres .
Deel 2 :
Die 3 jaar wat ek tans werk met leerders en om die onderwyserese waar te neem van hoe om met die leerders te werk en om lesse aan te bied , het ek nie veel daarvan gedink die rede hoekom die onderwyserese dit op 'n sekere manier doen nie . En nou dat ek die eerste leer eenheid deur gewerk het , het dit my meer insig gegee vir al die maniere hoe dinge gedoen word in 'n klas kamer en wat se teoriee hulle toepas op die leerders om hul voor te kan berei ir die wereld buite die skool.