Endothelium selle reageer op vaso-ontspanners deur ‘n oplosbare endotelium-afkomsitge ontspannings faktor(EDRF) vry te stel. EDRF werk in op die vaskulêre spiere om ontspanning of vasodilatasie te veroorsaak. Stikstofmonoksied is die hoof bio-aktiewe komponent van EDRF.
Konstituele ensieme is ensieme wat altyd in konstante hoeveelhede teenwoordig is, ongeag die metaboliese toestand en geïnduseerde ensieme is ensieme wat slegs teenwoordig is, as hul benodig word deur hul substraat. In die geval van nNOS en eNOS, word NO-sintese gestimleer deur agente wat sistoliese Kalsium konsentrasies verhoog. Sistoliese kalsium vorm komplekse met kalmodulin wat dan eNOS en nNOS aktiveer. iNOS word nie gereguleer deur kalsium nie en produseer NO konstitueel. Konstituele ensieme se patologiese en fisiologiese effek sal dadelik plaasvind, omdat hul altyd teenwoordig is en die Geïnduseerde ensieme se effek sal stadiger plaasvind omdat dit eers geaktiveer moet word.
Sepsis is ‘n sistemiese inflammatoriese respons as gevolg van infeksie. Endotoksien komponente van die bakteriële wand saam met die endogeen-gegenereerde Tumor nekrosis faktor-a en ander sitokiene induseer die sintese van iNOS in makrofage, neutrofile en T-selle asook hepatosiete, gladdespier selle, endotelium selle en fibroblaste. Gevolglik word ‘n groot hoeveelheid NO vrygestel en dit veroorsaak vasodilatasie en hipotensie, skok en selfs dood.
NO
Intrasellulêre glutatioon bied beskerming teen weefselskade wat veroorsaak word deur peroksinitriet. Die effek van NO word getermineer deur Fosfodiesterase ensieme wat cGMP afbreek na GMP wat onaktief is. NO reageer ook met yster in hemoglobien en kan dus deur hemoglobien geïnhibeer word.
NO het ‘n voordelige effek tydens die immuunrespons en inflammasie. Wanneer daar blootstelling aan ‘n siekte of infeksie is, word leukosiete, en inflammatoriese mediatore soos tumor nekrose faktor en interleukin-1 vrygestel. Dit veroorsaak ‘n verhoging in iNOS vlakke en die aktiwiteit van leukosiete, fibroblaste en ander sel tipes. iNOS produseer NO konstitueel. NO werk in op COX-2 en veroorsaak direkte vasodilatasie. NO wat gegenereer word tydens inflammasie dra by tot erytima, vaskulêre permeabiliteit en edema. In akute en chroniese inflammasie, kan NO weefsel skade vererger.
Beroerte, Amyotrofiese laterale sklerosis, Parkinson’s se siekte.