M VAN WYK

Default profile image
MILANDI VAN WYK

Blog #3.2

2 Nov 2021, 11:37 Publicly Viewable

· Gee jou eie definisie van COLS.

Kroniese obstruktiewe longsiekte, of KOLS, beskryf 'n groep long-toestande wat dit moeilik maak om lug uit die longe leeg te maak omdat die lugweë vernou geraak het.

· Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem.

Kroniese brongitis:

Non-spesifieke obstruktiewe lugwegsiekte, gekenmerk deur:

- Verhoogde mukussekresie

- Verlaagde mukosiliêre opruiming

- Gereelde bakteriële lugweginfeksies

- Strukturele veranderinge in brongiale wande

- Kroniese hoes a.g.v. taai mucus

Emfiseem:

- Ontwikkel dikwels a.g.v. rook en irritante.

- Emfiseem is ‘n onomkeerbare verwyding van respiratoriese brongioli en alveoli, a.g.v. strukturele skade.

- Lug word in longe vasgevang – moeilike uitaseming.

- Verlaagde kappilêre bloedvate – belemmer gaswisseling.

· Watter tipes terapie word ingesluit om ’n COLS-pasiënt te behandel?

- Staking van rook is noodsaaklik

- Immunisering teen influenza

- Behandel met brongodilatore

- Verdun mukus deur rehidrering en stoom

- Suurstof inhalasie

- Gereelde ligte tot matige oefening

- In spesiale gevalle, behandel met antibiotika, medikasie en sjirurgie

· Waarom is ipratropium meer effektief by die behandeling van chroniese brongitits as by die behandeling van brongiale asma?

Ipratropium orale inaseming word gebruik om hyg, kortasem, hoes en bors-benoudheid/styfheid te voorkom by mense met chroniese obstruktiewe longsiekte (COPD), bv. Kroniese brongitis. Dit is vir langdurige gebruik, en nie vir onmiddelike asma aanvalle nie.

· In watter opsig hou die skeletspier-effekte van teofillien voordele in by die behandeling van COLS?

Teofillien versterk die kontraksie van diafragma skeletspiere, wat ventilasie respons verbeter en hipoksie en dispnee in KOLS-pasiënte verminder. Dit tree op as ‘n direkte brongodilator en gladdespier ontspanning.

· Wat is die rol van suurstofterapie by COLS?

Hierdie behandeling verhoog die hoeveelheid suurstof wat jou longe ontvang en aan jou bloed lewer. Dit verbeter jou asemhaling en verminder dis simptome van KOLS, bv. beperkte lugvloei, swak gaswisseling, ingekorte lewenskwaliteit, verhoogde angs, hipoksie en selfs dood.