Chroniese obstruktiewe lugwesiektes beskryf verskillende kombinasies en grade van drie obstruktiewe lugwegtoestande, naamlik brongiale asma, chroniese brongitis en emfiseem. Die toestande beperk pulmonêre lugvloei en gaswisseling en kan lewensgehalte verlaag, omdat dit slaapsteurnisse kan veroorsaak, die vermoë tot fisiese aktiwiteit kan verminder, angs kan veroorsaak, aanleiding kan gee tot hipoksie en selfs dood. COLS is egter nie heeltemal omkeerbaar met behandeling nie.
Chroniese brongitis is ‘n non-spesifieke obstruktiewe lugwegsiekte waarvan die spesifieke etiologie onduidelik is, maar dit word geassosieer met langtermyn blootstelling aan irritante soos sigaretrook, stof en irriterende gasse. Dit word gekenmerk deur: verhoogde mukusproduksie, verlaagde mukosiliêre opruiming, gereelde bakteriële lugweginfeksies, strukturele verandering in brongiale wande en chroniese hoes as gevolg van taai mukus. Aangesien vagusrefleks ‘n tipiese gevolg van die stimulasie van irritantreseptore in die lugweë is, speel ‘n ooraktiewe parasimpatiese senuweestelsel ‘n belangrike rol by chroniese brongitis.
Emfiseem ontwikkel as gevolg van sigaretrook en irritante. Dit behels die onomkeerbare verwyding van respiratoriese brongiole en alveoli as gevolg van strukturele skade aan die wande. Gevolglik word lug in die longe vasgevang en moeilik uitgeasem. Daar is ook ‘n vermindering van kapillêre bloedvatvoorsiening wat gaswisseling verder belemmer.
Indien ‘n pasiënt rook, moet dit gestaak word. Om bakteriële infeksies te verminder moet jaarlikse immunisering teen influenza plaasvind en ‘n breë spektrum antibiotika gebruik word om infeksies te behandel, byvoorbeeld tetrasikliene, amoksisillien, ampisilien, eritromisien, kotrimoksasool. Om lugvloei-obsktruksie te behandel kan brongodilatore gebruik word, soos B2-agoniste, teofillien en antimuskariene middels. Die mukus kan verdun word deur rehidrering en stoom en hipoksie kan behandel word deur suurstof-inhalasie. Swak longkapasiteit kan verbeter word deur gereelde tot matige oefening.
Die stapsgewyse behandeling sluit die volgende in:
Anticholinergiese middels: Ipratropium, tiotropium, wat as eerste linie middels gebruik word. ‘n B2 agonis kan ook bygevoeg word en/of stadig vrystellende teofillien. Dit kan ook soms help om kortokosteroïede by te voeg, maar dit is slegs in enkele gevalle suksesvol. Suurstof terapie kan ook bygevoeg word en by akute siekte, moet die persoon gehospitalieer word en antibiotika en sjirurgie oorweeg.
Ipratropium is ‘n anti-muskariene middel. Dit voorkom die vrystelling van asetielcholien vanaf die efferente senu eindplate en gevolglik verlaag dit mukusproduksie en voorkom brongokonstriksie. Dit is dus meer effektief in die behandeling van chroniese brongitis, omdat chroniese brongitis geassosieer word met verhoogde mukusproduksie en ipratropium gaan die effekte teen. Brongiale asma is ‘n inflammatoriese siekte wat gepaardgaan met die vernouing van die lugweë. Ipratropium is nie anti-inflammatories nie en by asma word die anti-inflammatoriese funksie van middels gebruik om lugvloei te verbeter.
Teofillien verbeter die kontraksie funksie van die diafragma en verhoog gevolglik ventilatoriese kapasiteit.
Dit word gebruik in gevalle van volgehoue Hipoksie. Gevolglik help dit om meer suurstof na die longe te vervoer. In erge grade van COLS verbeter 18-24 ure per dag suurstof inhalasieterapie die morbiditeit en mortaliteit drasties.