Die oorsake is alergieë, verkoue, chemise of geneesmiddel skade, koue lug en fisiese skade.
α1-agoniste (dekongestante):efedrien, fenielefrien, oksimetasolien ens.
Anti-histamiene: 1ste generasie- prometasien, 2de generasie- loratadien ens.
Kortikosteroïede: Topikaal- beklometasoon, flunisolied, Sistemies- prednisoon ens.
Anti-allergiese middels (massel-stabiliseerders): natriumchromoglikaat, ketotifen ens.
Mukolitika: asitielsisteïen en mensa.
Antibiotika: mupirosien en neomisien.
Divers: Soutoplossing, stoom, vlugtige olies.
Daar is medikasies wat direkwerkende en indirekwerkende hul effekte ontlok. Hierdie middels gee aanleiding to dekongestie van neus slymvliese omrede hulle vasokonstriksie ontlok. Hierdie medikasie word algemeen topikaal toegedien as ‘n neussproei, druppels of jellies veral om die sistemiese effekte te vermy.
Dit is ‘n toestand wat ontstaan as jy vir ‘n lang tydperk dekongestante gebruik. Die permanente vasokonstriksie met gebrek van lokale bloedvoorsiening lei tot skade aan die neus slymvliese met permanente inflammasie en swelling daar is ook afregulering van α reseptore op die bloedvate so die respons op die agoniste is minder. Hierdie toestand kan behandel word met kortikosteroïede.
Eerste generasie is multipotente kompenterende antagoniste wat ook muskariene reseptore blokkeer. Hierdie blokade van muskariene reseptore lei tot ‘n afname in sekresies van hoë en lae lugweë. Hierdie middels word dikwels in verkouepreparate gebruik om rinoree te stop. Die tweede generasie is bruikbaar by lang- of korttermyn behandeling van allergiese rhinitis en blokkeer nie muskariene reseptore nie wat voordelig is want dit sal nie sedasie veroorsaak word soos by eerste generasie nie, maar dit beteken dat dit nie by verkouerinitis gebruik kan word omrede histamien nie ‘n rol speel by die toestand nie en dis al waarop tweede generasie inwerk.
Kortikosteroïde is bruikbaar by allergiese rhinitis en word topikaal as ‘n neussproei toegedien. Anti-allergiese middels is effektief by profilaktiese behandeling van allergiese rhinitis en word as ‘n neussproei toegedien. Mensa ‘n mukolitika is veral ideaal wanneer die nasale sekrete taai is en word topikaal as ‘n neusproei toegedien. Normale soutoplossing (neussproei) is veral verkies by kinders want dit is baie veilig en effektief, dit bevogtig die geïnflammeerde neus slymvliese.