JO-MARI ENGELBRECHT

Default profile image
----------

Blog#2.1

9 Nov 2021, 14:27 Publicly Viewable

Migraine is 'n tipe vaskulêre hoofpyn en kom gewoonlik unilateraal voor. Dit word ge-assosieer met onder andere: anoreksie, naarheid en braking, visusteurnisse.

Die presiese patofisiologiese meganismes van migraine is nog onopgeklaar, maar dit is waarskynlik 'n wisselwerking tussen vaskulêre en neurologiese meganismes.

Behels onder meer betrokkenheid van trigeminale senuwee verspreiding na intrakraniale arteries, met vrystelling van kragtige vasodilatore (CGRP) wat vasodilatasie en edeem veroorsaak, en sodoende pynsenuwee eindpunte aktiveer

 

Behandeling

Serotonin 1D en -1B agoniste behandel van ‘n migraine (veral akuut). Geneesmiddels soos SSRI, kalsium kanaals blokkers, NSAID, Beta-blokkers, antidepressante, ergotalkaloïde (ergotamien), triptane ens. word dan ook gebruik by die behandeling van ‘n migraine.

Analgetika: Parasetamol, NSAIM’s, Aspirien

Anti-emetika: Metoklopramied, Domperidoon, Siklisien

Ergotamien (vasokonstruksie)

5-HT1D agoniste (eerste linie): Sumatriptan, Zolmitriptan, Eletriptan, Naratriptan, Rizatriptan

 

Hoe werk die middels:

Serotonien (5-HT) 1D/B agoniste, ergotalkaloïede en antidepressante aktiveer 5-HT1D/B reseptore om hulle sinaptiese vrystelling te inhibeer, die 5-HT agoniste voorkom dus vasodilatasie.