Wat beteken die term “endotelium-afhanklike” vasodilatasie vir jou? Verduidelik.
Endothelium-afhanklike vasodilatore veroorsaak die verhoging van intrasellulêre kalsium.
Die verhoging het die sintese van NO tot gevolg agv vasodilatore.
As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken “konstitueel” en “geïnduseerde” ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?
Konstitueel is die konstante sintese van ‘n ensiem al is die stowwe teenwoordig/ nie. maak nie saak wat die fisiologiese aanvraag is nie. Die implikasies is groter.
Geinduseerd is waarneming van ‘n ensiem nadat ‘n substans/ induseerder bygevoeg is. Implikasies is kleiner.
Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra.
Septiese skok is agv ‘n infeksie wat sistemiese inflammatoriese reaksie to gevolg het in die ligaam en veroorsaak dan orgaanversaking en hipotensie.
Endotoksiene veroorsaak die sintese van iNOS in makrofage, T-selle, neutrofiele gladdespierselle, hepatosiete, endoteelselle en fibroblaste. Wanneer te veel NO geproduseer word, word hipotensie waargeneem asook verergering van septiese skok.
Watter outakoïede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?
NO (Stikstofoksied)
NO kan vir die sel toksies wees. Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?
Intrasellulêre glutathion beskerm teen weefselskade wat veroorsaak word deur peroksinitriet veroorsaak weefselskade tydens inflammasie.
Noem ‘n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree. Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.
Direkte weefselskade het ‘n verhoging in NO tot gevolg, die vrystelling word beheer deur COX2 deur prostaglandien sintese NO gee ‘n pro-inflammatories proses omdat agv die verhoogde produksie tydens die inflammatoriese proses.
Voordele – Dit voorkom verkoue, word gebruik by behandeling van sistiese fibrose, genees voetsere by diabete ens.
Nadeel: Dit vererg weefselskade agv oormatige NO produksie
In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?
Parkinson’s, Alzheimer’s, ALS, Huntington se siekte