JO-MARI ENGELBRECHT

Default profile image
----------

Blog#3.2

9 Nov 2021, 17:49 Publicly Viewable

Gee jou eie definisie van COLS.

COLS staan vir Chroniese Obstruktiewe Lugweg Siektes. 

COLS is dus ‘n kondisie waar die lugweg obstrukteer en vind gewoontlik plaas in pasiente wat rook. Dis a.g.v asma, brongitis, tekort aan lugvloei, of inflammasie van die lugweg.

Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem.

Chroniese brongitis:

Dis non-spesifieke COLS wat gekenmerk deur ‘n verhoging in mukussekresie, ‘n afname in mukosiliêre opruiming, gereelde bakteriële lugweginfeksies, strukturele veranderinge in brongiale wande, chroniese hoes as gevolg van taai mukus en Lugweg vernou wanneer dit gevul word met mukus – die veranderinge beperk die vloei van suurstof in en uit die longe

Emfiseem:

Dit ontwikkel gewoonlik agv rook en irritante. Dis die onomkeerbare verwyding van respiratoriese brongioli en alveoli agv strukturele skade. Lug word in die longe vasgevang wat lei tot moeilike uitaseming. Kappilêre bloedvate belemmer gaswisseling. Dus word dit gekenmerk deur beskadigde alveoli wat veroorsaak dat ou lug daarin vasgevang word en dat nuwe lug dit nie kan binnedring nie.

Watter tipes terapie word ingesluit om ’n COLS-pasiënt te behandel?

Rookstaking, antibiotika, brongodilatore(Beta agoniste of teofillien), mukus verdunning, sjirurgie, suurstof-inhalasie en oefening. Anticholinergiese middels tiotropium en ipratropium wat gebruik word vir eerste keuse middels.Kortikosteroiede wat gebruik kan word.Die voorkoming van Bakteriële infeksie deur vaksineering.

Waarom is ipratropium meer effektief by die behandeling van chroniese brongitits as by die behandeling van brongiale asma?

Ipratropium word gebruik om te help met brongokonstriksie en dit verminder die afskeiding van slym (sekresie). Ipratropium is dus meer effektief in chroniese brongitits omdat chroniese brongitits meer sekresies het as brongiale asma.

In watter opsig hou die skeletspier-effekte van teofillien voordele in by die behandeling van COLS?

Teofilien verbeter die kontraksie funksie van die diafragma en verbeter so dan die ventilatoriese kapasiteit.

Wat is die rol van suurstofterapie by COLS?

Suurstof behandeling verhoog die hoeveelheid suurstof wat in jou longe en bloedstroom invloei. Dit help om hipoksie te voorkom help ook met kortasem tydens COLS.