Wat is die algemene oorsake van rinitis en rinoree?
Allergieë, verkoue, chemiese stowwe skade of geneesmiddel skade, koue lug, fisiese skade ens.
Watter geneesmiddelgroepe kan by die behandeling van rinoree gebruik word? Noem voorbeelde by elke groep.
α1-agoniste : efedrien, fenielefrien, oksimetasolien en xilometasolien
Anti-histamiene: Difenhidramien, prometasien, chlorfeniramien, broomfeniramien, loratadien, setirisien, levokabastien, rupatadien
Kortikosteroïede: Topikaal = beklometasoon, flunisolied, Sistemies = prednisoon
Mastselstabiliseerders: natriumchromoglikaat, ketotifen
Mukolitika: asetielsisteïen en mesna
Antibiotika: mupirosien en neomisien.
Divers: Soutoplossing, stoom, vlugtige olies.
Hoe verskil die dekongestante onderling ten opsigte van werkingsmeganisme en werkingsduur? Hoe word hulle tipies toegedien?
Dekongestante veroorsaak dekongestie van neus slymvliese omdat dit vasokonstriksie tot gevolg het.
Die werkingsduur is gewoontlik 4 ure.
Die dekongestante kan verskil omdat hulle topikaal of sistemies toegedien word maar hulle word algemeen topikaal toegedien om die sistemiese effekte te vermy, dus werk hulle by die lokale area.
Wat is rhinitis medicamentosa? Hoe word dit behandel?
Dit beteken die is die neus se slymvliese is uitgedroog.
Dit word veroorsaak As jy vir ‘n lang tydperk dekongestante gebruik
Wanneer ‘n persoon die kondisie het moet hulle dadelik die neussproei behandeling staak. Kortikosteroïede kan as behandeling gebruik word.
Hoe verskil die eerste en tweede generasie antihistamiene ten opsigte van die werkingsmeganismes waarvolgens rinitis en rinoree verlig word? Wat is die voordele van die tweede generasie antihistamiene? Waarom behoort hulle nie gebruik te word om verkouerinitis te verlig nie?
Die 1ste generasies is multipotente kompenterende antagoniste wat muskariene reseptore blokkeer en is lipofilies van aard. Hulle kan dus oor die bloedbreinskans beweeg en SSS effekte tot gevolg he wat die 2de generasie nie het nie.
Die 2de generasie het nie SSS effekte nie en dus het minder newe- effekte as die 1ste generasie, dit blokkeer nie muskariene reseptore nie. Die middels help slegs vir allergiese reaksies en kan dus nie by verkouerinitis gebruik word nie omdat histamien nie ‘n rol speel by die toestand nie.
Wanneer is kortikosteroïede, anti-allergiese middels, mesna en normale soutoplossing bruikbaar en hoe word dit toegedien?
Kortikosteroïede en anti-allergiese middels word gewoontlik gebruik vir anti-allergiese rinitis. Die normale soutoplossings sal die eerste keuse wees indien dit vir kinders gebruik word om hulle mukus te verdun. Mesna word gewoontlik gebruik tydens taai nasale mukus.
Kortikosteroïde word gebruik by die behandeling (topikaal, neussproei) van allergiese rhinitis. Anti-allergiese middels kan gebruik word as ‘n profilaktiese behandeling van allergiese rhinitis. Mesna is word gebruik wanneer daar ‘n taai nasale mukus teenwoordig is. Normale soutoplossing is eerste keuse behandeling by kinders want dis veilig en effektief.