Verduidelik kortliks wat sistiese fibrose is en hoe dornase-alfa werk om die probleem op te los.
Dit is ‘n genetiese deffek waar die sekresie van mukus in die organe verlaag word en die lugweë die meeste beivloed word.
Die dornase-alfa maak die mukus meer vloeibaar omdat dit proteiene in die brongiale mukus hidroliseer.
Verduidelik kortliks wat neonatale respiratoriese noodsindroom is, wat die algemene behandelingstrategieë behels en hoe kortisoon en eksogene surfaktante werk om die probleem op te los.
Dit kom gewoontlik voor in premature babas waar die oppervlakaktiewe stof wat die longe bedek nie voorkom nie en dus kan gaswisseling nie plaasvind nie en die longe val plat wat kan lei daartoe dat hy nie kan asem haal nie en sterf (dit vorm eers in laaste weke van swangerskap). Suurstofterapie kan die toestand behandel asook ventilator kan ook die baba help asem haal. Eksogene surfaktante kan die longsurfaktant aan vul en dit verlaag motaliteit en langtermyn-suurstof behoefte. Kortisoon is effektief om endogene surfanktantproduksie aan te help en kan aan swanger vroue gegee word voor kraam om seker te maak dat surfaktante in die baba geproduseer word.
Wat is die rol van suurstofterapie by neonatale respiratoriese noodsindroom? Wat behels die gevare van suurstoftoksisiteit?
Suurstofterapie word gebruik om hipoksie om te keer of the verhoed. Suurstoftoksisiteit is wanneer te veel suurstof aan ʼn baba verskaf word en dit kan veroorsaak dat die baba blind word of dat sy retina beskadig word.
Verduidelik kortliks wat neonatale apnee is en hoe die metielxantiene werk om die probleem op te los. Watter metielxantiene word gebruik?
Apnee is wanneer premature babas nie asem kan haal nie. Dit gebeur omdat hulle asemhalings sentrum wat in die brein (medulla) voorkom nog nie volledig ontwikkel is nie. Daarom kan die baba nie normaal asem haal nie.
Metielxantien stimuleer die asemhaling sentra in die brein en die baba om asem te kan haal. Voorbeelde hiervan is kaffeïen en teofillien.