TOMARI PRINS

Default profile image
----------

Blog #3.1

19 Nov 2021, 21:43 Publicly Viewable

Gee 'n definisie van COPD

Chroniese obstruktiewe longsiekte is 'n term vir chroniese brongitis, brongiale asma en emfiseem met die progressiewe beperking van lugvloei. Dit behels vernouing van die lugweë en lei tot ongemak en maak dit moeilik om asem te haal.

 

Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem.

Chroniese brongitis is 'n nie-spesifieke obsruktiewe lugwegsiekte met verhoogde slymproduksie en verminderde slymproduksie. Die voorkoms van strukturele veranderinge in die brongiale wand, gereelde bakteriele lugweginfeksies en chroniese hoes agv die taai slym.

Emfiseem ontwikkel gewoonlik agv rook en ander irritante soos lugbesoedeling en chemiese dampe. Dit veroorsaak onomkeerbare verwydering van respiratoriese brongiool en alveoli agv die strukturele skade wat lei tot verminderde kapillere bloedvat gaswisseling. 

 

Watter tipe terapie is ingesluit in die behandeling van 'n COPD-pasient?

- Hou op rook.

- Bakteriele infeksies : Immunisering teen influenza en bree spektrum antibiotika soos bv. tetrasikliene en eritromisien.

- Lugweg obstruksie : Brongodilatore

- Mukus sekresies : Verdun slym deur stoom en rehidrasie.

- Hipoksie : Suurstof inhaleerders.

- Swak longkapasiteit : Gereelde ligte tot matige oefening.

 

Waarom is ipratropiu meer effektief in die behandeling van chroniese brongitis as in die behandeling van brongiale asma?

By asma word 'n persoon se lugwee ontsteek en ipratropium het nie anti-inflammatoriese effekte nie. Ipratropium is 'n anti-cholinergiese middel wat vagusgemedieerde brongokonstriksie inhibeer wat meer geskik is vir chroniese brongitis.

 

Op watter manier het die skeletspier effekte van teofillien voordele in die behandeling van COPD?

Teofillien verbeter die kontraktiliteit van die skeletspiere en omgekeerde swakheid van die diafragma by pasiente met COPD. Hierdie effek verbeter die ventillasie reaksie op hipoksie en om dispnee te verminder selfs by pasiente met onomkeerbare lugvloei obstruksie.

 

Wat is die rol van suurstofterapie in COPD?

Dit sal suurstofvlakke in die longe en bloedsirkulasie verhoog wat sal help om die kortasem/dispnee en hipoksie te verbeter.