LOURENS KLOPPER

Default profile image
----------

Blog 1

21 Feb 2021, 13:34 Publicly Viewable

1)-Ligandbemiddelde ioonkanle
   -Potensiaalafhanklike-kanale

2) Potensiaalafhanklike ioonkanale:

Bevat metabotropiese reseptore, Indirek werkend - Binding van neurotransmitters aan reseptore veroorsaak (onder die invloed van 7 G-proteïene) tweede boodskappers gevorm word, Effekte duur langer

Ligandbemiddelde ioonkanle:

Bevat ionotropiese resptoreDirek werkend:  Neurotransmitters bind direk aan ioonkanle en dus geen tweede boodskapper, Effekte is kort en gee vinnig ‘n effek.

3) Beide ionotropiese en metabotropiese reseptore is verantwoordelik vir die beheer van die oop en toemaak van kanale.

Ionotropiese en metabotropiese reseptore is betrokke by twee seintransduksiesetelses:

1. Metabotropiese reseptore kom voor op potensiaalafhanklike kanale en veroorsaak metaboliese veranderinge

2. Ionotropiese reseptore kom voor op ligandbemiddelde ioonkaale en veroosaak direkte opening van ioonkanale.

4) Ionotropiese reseptore:

GABA, Nikotinies, EAA, Serotonien (5-HT3)

Metabotropiese reseptore

Adenielsiklase sisteem:

Beta (1 & 2)Dopamien (1 & 2)Alfa (2)Serotonien (5-HT1 A & B)Muskarinies (M2 & M4)Glutamaat (mGlu1)

Fosfolipase sisteem:

Alfa (1)Serotonien (5-HT2)Muskarinies (M1, M3, M5)Histamien (H1)Glutamaat (mGlu8)

5) EPSP:

EPSP aktiveer die SSS om nog ‘n aksie potensiaal te genereer. Bv: Asetielcholien (AcH) bind aan ‘n nikotiniese reseptor en veroorsaak dat natriumkanale oopmaak.  Dit veroorsaak depolariasie van die die post-sinaptiese membraan, wat ‘n aktiverende effek het (‘n aksie potensiaal word dus gegenereer)

IPSP:

IPSP inhibeer die SSS en verhoed dat nog ‘n aksie potensiaal gegenereer word.  Bv: GABA neurotransmitter bind aan GABA–reseptor en voorsaak dat chloorkanale oopmaak.  Dit lei tot hiperpolarisasie van die post-sinaptiese membraan, wat ‘n inhiberende effek het (onderdruk die vorming van aksie potensiale).

6) Kalsium wat beide klein geleidings-kaliumkanale wat tydens membraanherpolarisasie noodsaaklik is, aktiveer die vrystelling van die sender uit die sel.