Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind ?
- Potensiaalbemiddeld ("Voltage-gated")
- LIgandbemiddeld
Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale
- Potensiaalafhanklike ioonkanaal dra seine oor van selligaam na terminaal en werk met ionotropiese reseptore, waar die ligandafhanklik weer "boodskappe" oordra vanaf n ligand wat bind aan ioonkanaal en werk met metabotropiese reseptore.
- Potensiaalafhanklik werk volgens die mentaliteit van alles of niks, maw dat dit n baie vinnige reaksie is, waar Ligandafhanklik van een koppeling na n ander koppeling eers beweeg wat die reaksie vertraag en dus veroorsaak dit n langer proses en reaksie . Potensiaalafhanklik verkry dus n dadelike aksiepotensiaal waar ligandafhanklik eers gekoppel moet word aan tweede boodskappers.
- Potensiaalafhanklike ioonkanale is gewoonlik meer spesifiek en beperk op sekere tipe ioon wat deur kan beweeg, waar ligandafhanklik bietjie minder spesifiek iss oor wat kan bind alhoewel daar natuurlik steeds n sekere mate van beperking voorkom.
Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore ?
- ionotropiese maak ioonkanale oop. Hulle depolariseer of hiperpolariseer die aksiepotensiaal om seine or te dra.
- Metabotropies is g-proteien gekoppelden werk met metaboliese veranderinge. Effek van metabotropies duur ook langer as ionotropiese aktivering.
Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksie meganisme van elke reseptor toe ?
Ionotropiese reseptore :
- GABA - y-amino bottersuur- hiperpolarisasie-inhiberend
- Nikotinies (asetielcholien) -DEpolarisasie - Aktiverend
- Glutamaat - depolarisasie
- Seretonien - depolarisasie
Metabotropiese reseptore :
adenielsiklase stelsel :
-Beta 1 en 2 en Dopamien 1 = positief gekoppel = vorming van 2de boodskappers.
- Dopamien 2, serotinien1 a en b , Muskarienies 2 em GABAb is negatief gekoppel =onderdruk vorming van sikliese AMP.
Fosfolipasie stelsel
- alpha 1, serotinien 2 en Muskarienies 1 en Histamien 1 = positief gekoppel.
Verduidelik die verskil tussen n EPSP en n IPSP ?
EPSP = eksitatories post sinaptiese potensiaal en
IPSP = inhiberende post sinaptiese potensiaal.
EPSP fasaliteer die generering of ontstaan van n aksiepotensiaal bv. Glutamaat, Seretonien of Asetielcholien.
IPSP inhibeer die ontstaan of generering van n aksiepotensiaal bv. GABA
Wat is die rol van Kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal ?
Kalsium speel n kritiese en belangrike rol. Kalsium wat in die intrasellulere gedeelte verhoog veroorsaak/ aktiveer die Kalium kanale, wat dan oopmaak. Dit maak repolarisasie moontlik en is nodig en belangrik om vrystelling van transmitter uit die sel uit te aktiveer. Hierdie KAlium kanale wat oopgemaak word verhoog die drumpel van die aksiepotensiaal.