Ek is 'n 21 jarige Valentyn's baba wat hou van oorsee toer, kos maak, sing, klavier speel, dans, sport, mode (klere), ou movies, letterkunde en ek het 'n groot passie vir my beroep. My grootste droom is om my eie apteek of farmaseutiese maatskappy oop te maak in Los Angeles of Hampstead (Londen). Ek is ook mal oor diere, buite lug, rond ry, uiteet en nuwe dinge te probeer. Ek is 'n groot ekstrovert en kan baie maklik met mense praat en nuwe vriende maak. Ek het baie goeie algemene kennis en hou daarvan om van alles te weet.
1. Watter tipe ioonkanale word op selmembrane gevind?
- Potensiaalafhanklike ioonkanale (Metabotropiese reseptore)
-Ligandbemiddelde ioonkanale (Ionotropiese reseptore)
2. Noem 3 verskille tussen die ioonkanale
-Potensiaalafhanklike ioonkanale werk indirek en maak gebruik van G-proteiene om 'n effek te ontlok, terwyl Ligandbemiddelde ioonkanale direk 'n effek ontlok.
- Potensiaalafhanklike ioonkanale se proses vat langer om 'n effek te ontlok as Ligandbemiddelde ioonkanale, terwyl ligandbemiddelde ioonkanale korter as potensiaalafhanklike ioonkanale vat om 'n effek te ontlok.
- Potensiaalafhanklike ioonkanale maak oop a.g.v verander in membraanpotensiaal terwyl ligandbemiddelde ioonkanale oop maak, a.g.v. binding van neurotransmitter aan reseptor.
3. Vergelyk die verskil die twee ioonkanale:
Ionotropiese reseptore |
Metabotropiese Reseptore |
GABA-A Nikotinies (Asetielcholien) EAA (Glutamaat) 5HT3 (Serotonien) |
7 Transmembraan G-proteiengekoppelde Reseptore |
4. Klassifiseer die SSS reseptore in ionotorpiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.
Ionotropies:
Reseptor |
Neurotransmitter |
Ioonkanaal open |
Polarisasie |
Post-sinap potensiaal |
GABA-A |
GABA (gamma-bottersuur) |
Chloor |
Hiperpolarisasie |
IPSP |
Nikotinies |
Asetielcholien (Ach) |
Natrium |
Depolarisasie |
EPSP |
Glutamaat (NMDA, Kainate, AMPA) |
Glutamaat of aspartaat |
Natrium/Kalsium |
Depolarisasie |
EPSP |
5HT3 |
Serotonien |
Natrium |
Depolarisasie |
EPSP |
Metabotropies:
Adenielsiklase stelsel
Neurotransmitter |
Reseptor |
G-proteien |
Ensiem en 2de boodskappers |
Noradrenalien Dopamien
|
Beta 1 & 2 D1 |
Gs |
Adenielsiklase verhoog, dus verhoogde ensiemaktiwiteit en cAMP verhoog |
|
D2 |
Gi |
Adenielsiklase verlaag, dus verlaagde ensiemaktiwiteit en Camp verlaag |
NA/A 5HT Ach Glutamaat of aspartaat |
Alfa 2 5HT1 A & B M2 & M4 mGlu1 |
Gi |
Adenielsiklase verlaag, dus verlaagde ensiemaktiwiteit en Camp verlaag |
Fosfolipase C-stelsel
Neurotransmitter |
Reseptor |
G-proteien |
Ensiem en 2de boodskappers |
NA/A 5-HT Ach H (Histamien) Glutamaat of aspartaat |
Alfa 1 5-HT 2 M1, M3, M5 H1 mGlu8
|
Gq |
Fosfolipase verhoog, dus verhoog ensiemaktiwiteit en IP3 en DAG verhoog |
5. Verduidelik die verskil tussen EPSP en IPSP en gee voorbeelde vir elk
- EPSP (excitatory post synaptic potential) is ‘n stroom wat post sinapties gedepolariseer is en veroorsaak dat die membraan nader aan die positiewe kant is en nader beweeg aan die drempel van opwekking. Voorbeeld: Serotonien (5HT3)
-IPSP (Inhibitory Post Sinaptic Potential) is ‘n stroom wat post sinaptiese gehiperpolariseer is en veroorsaak dat die membraan nader aan die negatiewe kant is en verder beweeg vanaf die drempel van opwekking. Voorbeeld: GABA (gamma-bottersuur).
6. Wat is die rol van Kalsium in die ontwikkeling van ‘n sinaptiese potensiaal?
Kalsium-ione stimuleer die vrystelling van neurotransmitters vanaf sinaptiese vesikels, binne-in di sinaptiese gleuf.