MARI VAN RHYN

Default profile image
MARI VAN RHYN

Blog #2

2 Mar 2021, 20:54 Publicly Viewable

2.2. BLOG #2

  • Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?

Anterograde amnesie verwys daarna dat pasiënte wat ‘n sekere geneesmiddel geneem het se geheue beïnvloed word deurdat hul gebeure gedurende die werkingsduur van die geneesmiddel nie kan onthou nie. Voorbeelde van geneesmiddels wat dit kan veroorsaak sluit in meeste bensodiasepien geneesmiddels. (Maar triazolam se effek is groter as die van temazepam)

  • Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.

Langtermyn gebruik van bensodiasepiene verlaag die tyd wat dit neem om aan die slaap te raak, en verhoog die totale slaap tydperk, veral in pasiente wat minder as 6 ure per nag slaap. Dit het ‘n klein verlagende effek op REM slaap, en hoë dosisse bensodiasepiene verminder REM slaap in totaal. Dit veroorsaak ook dat die duur van NREM fase 2(fase van diep ontspanning) verleng word en die duur van NREM fase 4(diep slaap wat moeilik is om van wakker te word) verminder. Dit beteken dan dat die pasient diep en ontspannende slaap sal kry, maar ook nie sal hoef te sukkel om wakker te word nie.

  • Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik.  Kan jy verduidelik hoekom?

Barbiturate, Midazolam, Diazepam en Lorazepam. Hierdie geneesmiddels word gebruik om anterograde amnesie te veroorsaak met operasies sodat pasiente nie kan onthou wat in die operasie gebeur het nie.

  • Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?

Fenobarbitoon, Klonasepam, Klobasam, Nitrasepam, Lorasepam en Diasepam

  • Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?

Dit inhibeer die poli-sinaptiese reflekse en met hoë dosering verlaag/onderdruk dit ook die transmissie by die neuromuskulere aansluiting.

  • Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.

Sedatief-hipnotika geneesmiddels, insluitende sommige bensodiasepiene en barbiturate, wat intraveneus toegedien word veroorsaak ‘n medullêre onderdrukking in die SSS. By terapeutiese dosisse vind respiratories onderdrukking plaas, wat ten bate is in pasiente met pulmonêre siektes, en kardiovaskulêre onderdrukking in pasiente wat kardiovaskulere siektes het.

Sedatief-hipnotika wat teen te hoë dosisse aan pasiente met pulmonere siektes het, gegee word, kan veroorsaak dat die respiratoriese onderdrukking ernstig van aard is en kan lei tot die pasient se dood.

Bronnelys:

  1. Katzung, B.G. ed. 2018. Basic & Clinical Pharmacology, 14th ed. New York: McGraw-Hill. p. 381-395.
  2. Brand, L. (2021). Sedatief-hipnotiese middels- Leereenheid 2. Pharmacology FKLG 312. Potchefstroom: NWU: Faculty of Health Sciences School of Pharmacy.