2.3. Blog #3
Bensodiasepiene se lipofiliteit bepaal die tempo van absorpsie asook die verspreiding daarvan in die SSS. Geneesmiddels wat meer lipofilies van aard is, bv. Triasolam, Zolpidem en Zaleplon, word vinnig geabsorbeer en deur die liggaam versprei om die brein te bereik. Dus het hierdie middels ‘n vinnige aanvang van werking, maar ook ‘n kort halfleeftyd.
Geneesmiddels met hoë lipofiliteit versprei via die bloed na die brein en daarna weer via die bloed terug na ander weefsel, insluitend vet en spiere. Hoogs lipofiliese geneesmiddels toon groter herverdeling. Daar ontstaan ‘n depot-effek deurdat die geneesmiddel in hierdie weefsel akkumuleer en verlengde werking toon. Hierdie akkumulasie kan lei tot toksiese geneesmiddelkonsentrasie vlakke wat ernstige newe-effekte kan lewer.
Bensodiasepien met hoë lipofiliteit se metabolisme vind stapsgewys plaas deur ‘n biotransformasie te ondergaan deur middel van hepatiese mikrosomale ensieme. Die stappe is as volg:
Bensodiasepiene wat laer lipofiliteit toon word gekonjugeer om wateroplosbare metaboliete te vorm om uitgeskei te kan word, en ondergaan nie die bogenoemde biotransformasie voordat dit uitgeskei kan word nie.
Diazepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied en ketazolam word deur middel van dealkinering gemetaboliseer na Desmetieldiasepam. Hierdie aktiewe metaboliet wat gevorm word lei tot verlengde werkingsduur van die geneesmiddel en kan dus gebruik word waar hierdie eienskap ten bate sal wees met geneesmiddelterapiee.
Oksasepam, Lorasepam, Temasepam en lormetazepam. Die voordeel van hierdie geneesmiddels is daarin dat dit gebruik kan word vir bejaardes, neonate, pasiente met lewersirrose, en terapiee wat gepaard gaan met sitochroom P450 ensiemremmers bv. Simetidien, Ketokonasool, Eritromisien en fluvaksamien.
Ensieminduksie verwys na ‘n verhoging in die aantal ensieme as gevolg van ‘n stimulus wat deur ‘n molekule veroorsaak word. Barbiturate is sterk/potente ensieminduseerders. Deur ensiemwerking te induseer word die geneesmiddelmetabolisme verhoog en kan dus gebruik word om toksisiteit te verminder of voorkom met geneesmiddels wat depot-effek veroorsaak. Daarenteen kan hierdie verhoogde ensiemwerking ook lei tot sub-terapeutiese geneesmiddelkonsentrasie vlakke.
Bronnelys: