1. Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam ? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is
Etanol ondergaan vinnige absorpsie en verspreiding want dit is n klein water oplosbare molekule .Die kliniese betekenis hiervan is dat dit n invloed het op hoe mans en vroue verskillend hierop reageer .Vrouens het minder liggaamswater as mans en voel vinniger die effek ddarvan .
2Gee n kort opsomming van die metaboliese wee van etanolmatoblisme .
Dit bestaan uit twee ensiem sisteme nl. alkoholdehidrogenase en MEOS. Dit breek etanol na asetaldehied af en dan na astetaat met koolstofdioksied en water as byproduk .Alkoholdegidrogenase is verantwoordelik vir lae en matige etanol metabolisme terwyl MEOS vir hoe konsentrasie etanolmetabolisme verantwoordelik is .
3 Watter geneesmiddels kan hierdie meatabolisme beinvloed en wat is die effekte daarvan ?
Aldehied dehidrogenase ensiem inhibeerders .Voorbeelde is : Disulfiram (wat gebruik kan word alkolisme te behandel ),Metrondasool ,Hipoglisemiese geneesmiddels en Kefalosporiene. Hierdie middels onderdruk aldehied dehidrogenase met die gevolg dat asetaldehied ophoop en nie gemataboliseer word nie .Asetaldehied opeenhoping lei tot die volgende simptome : naarheid , hoofpyn , hartkloppings , blosing en duisligheid .