SONICA PIENAAR

Default profile image
SONICA PIENAAR

Blog #9

16 Mar 2021, 17:27 Publicly Viewable

Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

  • Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Klein en gemiëlineerde vesels word dus makliker geblok as groot en ongemiëlineerde vesels.

  • Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Die dorsale senuwees wat impulse gelei, is dus meer sensitief vir die blokkering en word ook sodoende vinniger geblokkeer as druk/tas senuwees.

Lys van effekte van lokale anestetika op ander weefsel:

  • Hart:

Die Natrium kanale word geblok in die hart, wat dus die aksie potensiaal verkort en die refraktêre periode verleng en dus kan anti-aritmiese effekte tot gevolg wees, word gewoonlik veroorsaak deur Klas 1 anti-aritmiese middels soos Lidokaïen.

  • Skeletspier:

Daar kom ‘n swak blokkerende effek na vore.

Daar is geen kliniese toepassing nie.

  • Kokaïen:

Het ‘n effek op die gemoedstoestand, verhoog dus die gemoedstoestand.

Kan ook die sentrale katesjolamien-gemedieerde neurotransmissie beïnvloed, wat dus die NA heropname kan blok.

Waarop berus die keuse van ‘n LA?

  • Dit hang af van hoe lank die lokale anestetika gebruik gaan word.
  • Vir wat die anestetikum gebruik gaan word, die kliniese gebruik daarvan.
  • Hoe lank die anestetika se werkingsduur is.

Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Dit potensieer die lokale anestetika, wat dus beteken die lokale anestetika word versnel.

Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

  • Kokaïen
  • Bensokaïen
  • Oksibuprokaïen