REZA KUHN

Default profile image
----------

Blog #7

22 Mar 2021, 23:22 Publicly Viewable
  • Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Die volgende anti-epileptiese middels verlaag die Pil (orale kontrasepsie) se effektiwiteit.

  • Fenitoïen
  • Fenobarbitoon
  • Karbamasepien
  • Okskarbasepien
  • Topiramaat

Die implikasies hiervan kan ‘n onbeplande swangerskap wees (Brand, 2021)

Leviterasetam, Valproaat, Vigabatrin, Gabapentin en Lamotrogine is veilig om saam met die Pil te gee (Brand, 2021).

  • Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

  • Neonate: metabolisme vind stadiger plaas.
  • Babas en kinders: metabolisme vind vinniger plaas as by volwassenes.
  • Bejaardes: metabolisme vind stadiger plaas, laer dosisse moet gegee word aangesien lewerfunksie nie meer optimaal is nie (Brand, 2021).

  • In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

  • Vir die assessering van pasiëntmeewerkendheid.
  • Om te bepaal of die newe-effekte en geneesmiddel vlakke verwant aan mekaar is.
  •  Om ‘n terapeutiese konsentrasie omvang te vestig wanneer die pasiënt in remissie is.
  • Tydens swangerskap .
  • Wanneer ‘n middel wat interaksies (kan) veroorsaak bygevoeg of van die pasiënt se regime verwyder word.
  • Indien deurbraak toevalle voorkom.
  • Indien die middel se formulering verander (Katzung, 2018).

Bronne

Brand, L. 2021. Pharmacology FKLG312 2021.  Leereenheid 4 [PDF]. Ongepubliseerde lesing notas op eFundi, FKLG312. Potchefstroom: NWU.

Katzung, B.G.  2018.  Basic & Clinical Pharmacology.  14th ed. New York: McGraw-Hill Education.