DALEEN LE ROUX

Default profile image
----------

Blog #9

17 Apr 2021, 12:14 Publicly Viewable

Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

  • Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Kleiner gemiëlineerde vesels word makliker geblokkeer as groter ongemiëlineerde vesels, omdat hulle minder sensitief is vir die blokade deur die LA.

  • Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Geaktiveerde pynvesels vuur vinniger, dusk an pynsensasie voorkom of dit selektief geblokkeer word deur LA.  Senuwees wat geleë is in die middel van ‘n dik senuweebundel, word stadiger geblokkeer as die senuwee in die buitekant van die bundel, want die buitenste senuwee word vinniger blootgestel aan hoër konsentrasies van die anestetika.

Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

  • Hart – Klas 1 anti-aritmiese middels en kan lei tot kardiale depressie.
  • Skeletspier – het ‘n swak blokkerende effek op skeletspier, maar het geen kliniese toepassings nie.

Waarop berus die keuse van ‘n LA?

Keuse van LA berus op:

  • Die tipe prosedure wat uitgevoer word.
  • Die tipe weefsel waarop die LA gebruik wil word.
  • Die werkingsduur van die LA.

Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Dit sal die LA se aanvang van werking versnel.

Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

  • Bensokaïen
  • Kokaïen
  • Oksibuprokaïen