Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Mikrosomale etanol oksidasie (MEOS) se aktiwiteit verhoog met die chroniese gebruik van alkohol, dit kan geinduseer word en is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie.
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
Lei tot progressiewe of verhoogde, afname in lewerfunksie.
Lei tot simptome van Hepatitis of sirrose. Die lewerselle verhard wat lewerfunksie belemmer.
Newe-effekte van chroniese alkoholgebruik op die lewer is erger op vrouens as op mans.
Chroniese gebruik van alkohol kan ook Glukoneogenese verlaag. Dit verander hipoglukemie en vetakkumulasie.
Lewermikrosomale ensieme se aktiwiteit verhoog.
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Wernicke-Korsakoff-sindroom veroorsaak neurologiese skade aan die onderste gedeeltes van die brein, thalamus en hipotalamus.
Dit is ‘n kroniese geheue steernis, wat veroorsaak word as gevolg van ‘n tekort aan Tiamien (Vitamien B1).
Die volgende simptome is sigbaar: ataksie, verwarring, paralise van gesigspiere en parenterale tiamien om permanente breinskade te voorkom.
Die sindroom kan behandel word met onmiddelike toediening van Tiamien (Vit. B1).
Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Fekale alkoholsindroom gebeur as n swanger vrou alkohol misbruik.
Dit kan veroorsaak dat die baba misvormed gebore word.
Die gebruik van alkohol tydens swangerskap kan tot teratogeniese effekte lei.
Die kinders kan dan moontlik verstandelik vertraag wees.
Groei gebrekke kan voorkom.
Mikrokefalie waar die baba se brein kleiner is as met n normale geboorte.
Tydens die gebruik van alkohol met die 1ste trimester kan dit lei tot karakteristieke onderontwikkeling van die middelste gesigarea.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Akute alkoholgebruik verlaag die metabolisme van geneesmiddels.
Chroniese alkoholgebruik verhoog die metaboliese transformasie van ander geneesmiddels.
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
Fenotiasiene, TCA's en kalmeermiddels.
Die metabolisme van die bensodiasepien word verminder of onder remming deur akute alkoholgebruik as gevolg van 'n afname in ensiemaktiwiteit en lewerbloedvloei.
Vasodilaterende middels en effekte met hipoglukemiese middels word versterk deur akute alkoholgebruik.
Dit lei tot uiterste vasodilatasie deur die liggaam, wat 'n daling in bloeddruk veroorsaak, wat lei tot verhoogde hartklop om die lewensbelangrike orgaanfunksie te handhaaf.
Alkohol verhoog die anti-plaatjie aggregasie effekte van aspirien.