1. Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
Litium ioon: Beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme, laasgenoemde deur verlaging van verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulering van membraanfosfoinositiede. IP3 en DAG is belangrik in monoamiene en cholienergiese neurotransmissie.
2. Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
Die terapeutiese indeks is 0.5 – 1.5 mM en enige iets meer as 2 mM kan toksies wees. Dit beskik dus oor ‘n baie nou of klein terapeutiese indeks en kan baie vinnig lei tot toksiese plasma konsentrasies. Dit is dus belangrik om bloed plasma vlakke gereeld te neem en te monitor om toksisiteit as gevolg van Litium te verhoed.
3. Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Litium word as enkelmiddel gebruik vir anti-maniese en anti – depressiewe effekte tydens akute of instandhoudings fases.
Valproaat word in kombinasie met Litium gebruik vir akute maniese fase, wanneer die pasiënt nie reageer op Litium nie.
4. Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
5. Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
6. Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Litium kan lei tot litium toksisiteit in ongebore baba en abnormaliteite soos onderontwikkelde hart, tot gevolg hê of ontwikkeling van ongebore baba se hart affekteer.
7. Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
8. Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Aanbevelings: Bloed plasma vlakke val binne die grens van die terapeutiese indeks, van 0.5 – 1.5 mmol per liter. My voorstel sou wees om dadelik op te hou om die diuretikums te neem aangesien dit ‘n interaksie met die Litium medikasie het. Dit kan lei tot ‘n verhoogde bloed plasma vlak van Litium wat uiteindelik kan lei tot toksisiteit. Gewigstoename is een van die newe – effekte van die gebruik van Litium en word dus daaraan toegeskryf. Die “non-steroidal anti-inflammatory” (NSAIM’s) medikasie soos Indocid, het ook ‘n interaksie met die Litium. Dit verhoog die bloed plasma vlakke van Litium en kan lei tot toksisiteit. Die diuretikums verhoog dus die uitskeiding van water in die liggaam en haar moegheid, naarheid, bewerigheid en droeë mond simptome kan dus daaraan toegeskryf word as gevolg van ‘n mate van dehidrasie.
Bronnelys: Brand, L. 2021. Anti-psigotiese middels. Leergedeelte 9. Unpublished Lecture notes on eFundi. [PowerPoint Presentation]. Study Unit 9, FKLG 312. Potchefstroom, NWU.