CHRISTINE STEYN

Default profile image
----------

Blog #13

29 Apr 2021, 22:19 Publicly Viewable

Bespreek die moontlike werkingsmeganisme van litium

Litium beïnvloed die cAMP, IP3 en DAG 2de boodskappersisteme deur verskeie ensieme wat belangrik is vir die omskakeling en hersirkulasie van die mebraanfosoinositiede te verminder.

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Litium het ‘n baie klein terapeutiese indeks (TI = 0.5 – 1.5 mM).  Indien dit meer as 2 mM is kan dit toksies wees.

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Litium word gebruik as enkelmiddel in die profilaktiese behandeling van maniese episodes, sowel as die behandeling van akute maniese episodes.  Dit word dus gebruik vir die behandeling van bipolêre steurnis.  Litium kan gekombineer word met antidepressante as ‘n gemoedstabiliseerder.

Noem 3 kliniese betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

  1. Verhoogde renale uitskeiding en dus verlaagde effektiwiteit wanneer in kombinasie met teensuurmiddels (natriumbikarbonaat), teofillien en kafeïen gebruik word.
  2. Verhoogde toksisiteit wanneer in kombinasie gebruik word met diuretika (tiasiede), NSAIM’s, ACE inhibeerders en fluoksetien.  Dehidrasie kan ook lei tot verhoogde litium-vlakke.
  3. Neurotoksies kombinasies met karbamasepien, klasium-blokkers, losartan, metieldopa, metrondiasool en fenitoïen.

Noem die belangrikse newe-effekte van litium

  1. Tremore, sedasie, ataksie, afasie
  2. Spierswakheid, moegheid
  3. Polidipsie, poliurie, nokturie
  4. Nefrogene diabetes insipidus
  5. Tiroïedvergroting
  6. Leukositoses
  7. Edeem
  8. Massatoename
  9. Aknee, alopesie
  10. Seksuele disfunksie

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Kategorie D middel – litium toediening word geassossieer met aangebore kardiovaskulêre abnormaliteite, maar wanneer die voordeel-risiko assessering gedoen is kan behandeling voortgesit word. Kategorie D verwys ook na lewensbedreigende situasies en dus moet litium met versigtigheid hanteer word in swanger vrouens. Litium word deur borsmelk uitgeskei, en dus word borsvoeding nie aanbeveel nie.

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium

  1. Huntington se siekte
  2. Behandeling van weerstandige en herhalende (unipolêre) depressie
  3. Aggresiewe of “self-mutilating behaviour”

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

 Haar newe-effekte soos massatoename, moegheid, bewerig en naarheid kan moontlik toegeskryf word aan litimium tokisisiteit.  Die NSAIM wat sy gebruik kan bydra tot verlaagde renale uitskeiding van litium, wat kan bydra tot toksiese-vlakke.  Sy gebruik ook ‘n diuretikum wat verhoogde litium herabsorpsie kan veroorsaak.  Haar dosis kan verlaag word na een keer per dag, saans, omdat haar plasmavlakke moontlik gestabiliseer het by 0.8 mmol/L.