GERDA SWART

Default profile image
----------

Blog #13

12 May 2021, 10:39 Publicly Viewable

Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Dit beinvloed cAMP,  IP3 en DAG se tweedeboodskapper sisteme deur 'n verlaging van verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulasie van die membraanfosfoinositiede. IP & DAG is belangrik in monoamien en cholinerge neurotransmissie.

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

0.5-1.5 mM. Dit is 'n baie klein terapeutiese indeks en konsentrasies bo 2mM is toksies. Dus is plamavlak moniteerig baie balngrik en moet die dosis versigtig uitgewerk word.

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

  • MONOTERAPIE: Profilakties vir maniese en hipomaniese episodes.Behandeling van akute maniese episodes.
  • KOMBINASIE: Saam met 'n anti depresant vir die behandeling van weerstandige of herhalende depressie. Ook vir aggresiewe gedrag of pasient wat geneig is om skade aan hulself aan te rig.

Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

  • Verhooging in renale uitskuiding van Li+ wat Li+ effektiwiteit verlaag deur middels soos teensuurmiddels (bv. NaHCO3), teofillien en kaffeien.
  • Verhooging in neurotoksisiteit van Lideur middels soos karbamasepien, Ca2+ kanaal blokkers, losartan, metieldoopa, metronidasool en fenitoien.
  • Li+  verhoog EPS wat deur middels soos die tipiese anti psigotikums veroorsaak word.

Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

  • Tremore
  • Sedasie
  • Ataksie
  • Afasie
  • Spier swakheid
  • Moegheid
  • Polidipsie
  • Poliurie
  • Nokturie
  • Nefrogene diabetes insipidus
  • Tiroiedvergroting
  • Leukositoses
  • Edeem
  • Massatoename
  • Aknee
  • Alopesie
  • Seksuele disfunksie
  • Kan fataal wees omdat dit koma en konvulsie kan induseer.

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Veoorsaak 'n verhoging in die insedensie van kognitiewe kardiovaskulere abnormaliteite. Die insedensie is steeds baie laag en wanneer die risiko voordeel profiel geevalueer mag behandeling voortgaan.

Litium word afgeskei in borsmelk in baie hoe konsentrasies en dus word laktasie/ borsvoeding nie aangeraai nie.

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

Monterapie vir profilakse van  maniese en hipomaniese episodes en ook die behandeling van akute maniese episodes.

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

'n Verlaging in litium opruiming veroorsaak verhoogde lituim konsentrasies wat kan bydrae tot diie massa toename van die pasient. Ander newe effekte van Litium sal ook as 'n gevolg hiervan te vore kom. Die pasient kan eder iets anders soos bv acetaminophen (Tylenol®) of Sulindac (Clinoril®) vir die pyn neem want dit het geen interaksies met litium nie.